Sea-facing High Tide Apartment
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Andrew Zondo-weg 424, High Tide-kompleks, Amanzimtoti, Durban, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 400 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Sea-facing High Tide Apartment is 'n selfsorgwoonstel in die veilige High Tide-kompleks in Amanzimtoti. Die een woonstel is op die 25de verdieping en die ander is op die 11de verdieping van die kompleks en spog met 'n 180º-uitsig oor die see van beide die slaapkamer en die sitarea.
Die High Tide-kompleks is net in die straat op van Amanzimtoti se hoofswemstrand, rotspoel, kinderswembad en die waterwurm af. Gaste kan van die rotse voor die woonstel af hengel en dar is 'n goed beligte promenade al langs die strand waar gaste kan stap, draf en fietsry. Daar is ook verskeie winkels en restaurante in die omtrek.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim sitarea en eetarea asook 'n aparte kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n kot vir 'n klein kind en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, ketel en broodrooster. Die eetarea het sitplek vir 6 rondom die tafel. Die leefarea het 'n plafonwaaier, sitplek en 'n TV met 'n DVD-speler en 'n videomasjien.
Die woonstel word nie skoongemaak nie, maar 'n skoonmaakdiens kan teen ekstra koste by ontvangs gereël word. Strand- en badhanddoeke en toiletware is nie beskikbaar nie. Gaste moet hul eie saambring.
'n Veilige kelderparkeerplek is gratis beskikbaar. Die High Tide-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad, 'n muntaangedrewe wassery en braaigeriewe. Oorkant die pad is 'n winkel, apteek, wegneem-eetplek, drankwinkel, gimnasium en 'n slaghuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
G. Noel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Andrew Zondo-weg 424, High Tide-kompleks, Amanzimtoti, Durban, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sea-facing High Tide Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Andrew Zondo-weg 424, High Tide-kompleks, Amanzimtoti, Durban, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang