Sea Front self-catering
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oranjestraat 1493, Hentiesbaai, 0000, Erongo
- Vanaf R3 999 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Sea Front self-catering is 'n vakansiehuis op Hentiesbaai se strandfront in Namibië. Die verblyf bied 'n ongelooflike see-uitsig en is 'n goeie opsie vir 'n familie of 'n groep vriende wat saam vakansie wil hou.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en sy en suite-badkamer het 'n bad, die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, die vierde slaapkamer het 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vierde en vyfde slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof, 2 oonde, 'n mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel en rusbanke in die leefarea. Skuifdeure bied toegang tot die balkon met buitemeubels. Daar is nog 'n etenstafel, asook braaigeriewe op die houtdek. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerhek beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Ligging
- Oranjestraat 1493, Hentiesbaai, 0000, Erongo
Sien meer verblyf in Hentiesbaai Erongo Namibië
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oranjestraat 1493, Hentiesbaai, 0000, Erongo