Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea Valley Lodge

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Straat 239, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 352 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Sea Valley Lodge is 'n ruim selfsorghuis met 'n panoramiese uitsig oor die see en strandmeer in Voëlklip in Hermanus. Gaste het toegang tot Voëlklip se bekende Grotto-strand wat net 'n entjie se stap of ry ver is. Die huis beskik oor oorgenoeg kuierareas binne en buite en is perfek vir groepe familie en vriende.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers. Op die eerste verdieping is daar 'n ruim hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed, see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort langsaan. Op die onderste verdieping is daar 'n derde en vierde slaapkamer wat onderskeidelik 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n koningingrootte-bed het. Dié gaste deel 'n badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer is 'n aparte kothuis met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die huis het 'n ruim oopplankombuis, -eetarea en -sitarea op die boonste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na 'n eetarea en sitarea met gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n slim-TV met Netflix. Op die onderste verdieping is daar ook 'n kombuisie en 'n klein sitarea wa na 'n stoep lei.

Die leefarea bied toegang tot 'n groot semi-onderdakbalkon met 'n etenstafel vir 8. Daar is nog 'n etenstafel vir 8 langs die swembad.

Die huis is ook met 'n omsetter toegerus wat krag aan die TV's, DStv, gratis WiFi en ligte tydens beurtkrag voorsien. 'n Draagbare gasbraai op die balkon en 'n ingeboude braai by die swembad is beskikbaar.

Veilige parkeerplek vir 5 voertuie en ekstra, gratis parkeerplek op die perseel is beskikbaar. Die huis is heeltemal ommuur en met 'n alarmstelsel toegerus vir veiligheid. Dit bied maklike toegang tot strande, restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels, en is ook nie ver van die strandmeer, stap- en bergfietsroetes in die berg af nie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 5
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 3de Straat 239, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 352
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R6 352
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Straat 239, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9849de1601552ba6241c4f28facc857801c2a44aed52ba56a85a7e8cf685e9718cdf6f2075f92b36f5ff6908a81879fb24b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 352 per nag (plek vir 10) 239 3rd Street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4084009 19.293352

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang