Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Sea View at Reebok

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Witstinkhoutkeeromstraat 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R640 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sea View at Reebok is 'n selfsorgwoonstel op die gasheer se perseel in Reebok. Die eiendom bied lieflike uitsigte oor die see en omgewing en dis net 400 m van Reebokstrand af.

Die woonstel het ’n privaat ingang en bied verblyf aan tot 4 gaste. Dit beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en die badkamer het ’n bad of stort, wasbak en toilet.

Die oopplan-kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tweeplaatstoof en ketel. Die aangrensende sitarea het 'n dubbelslaapbank en lei na 'n toegeboude stoep met 'n enkelbed en ingeboude braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig.

Sea View at Reebok is ongeveer 2 km van winkels en restaurante af en net 20 km van Mosselbaai se middedorp af.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 2 Leefareas 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Cronje B
Saam met lewensmaat
5.0
Algeheel baie tevrede en kan Sea View hoog aanbeveel. Tien uit tien. Baie vriendelike ontvangs. Beter waarde vir geld gaan jy nie kry nie. Woonstel ba...
Sien meer
Mrt 2025
Johannes S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig. Baie lekker. Sal weer gaan.
Feb 2025
Gerhard K
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly en sal die plek aanbeveel. Alles was baie netjies en skoon. Plek is lekker ruim en het beslis voldoen aan ons behoeftes.
Nov 2024
Willie G
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Vriendelik en behulpsame gasvrou. Pragtige plek, goed toegerus en baie skoon en netjies. Rustige omgewing en wonderlike uitsig oor die see...
Sien meer
Nov 2024
Sureta S
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was vir ons 'n goeie rusplek. Goed ingerig en mooi uitsig. Heerlik. Baie veilig en ruim.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Gert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Witstinkhoutkeeromstraat 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea View at Reebok het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 640
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 640
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Witstinkhoutkeeromstraat 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47887154a248c5722efb7315242da6b770a737c9bcc5763f0a872d09874a0a498e3cfa420bee0d0c846fc75dc4b320304bb4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R640 per nag (plek vir 4) 40 5 1 5 7 Witstinkhout Close Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.073647552451 22.170055352779

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011