Seebries
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 14:00 - Adres: Krintangsingel 16, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Seebries is 'n selfsorg-vakansiehuis in 'n stil buurt in Vermont. Die huis se leefarea en dek bied 'n 180-grade-uitsig oor die see. Dis net 150 m vanaf die lieflike paadjie wat na Onrusstrand lei.
Die huis bestaan uit 2 verdiepings. Die slaapkamers is onder en die leefarea met die kombuis en gastetoilet is op die tweede verdieping. Daar is 3 slaapkamers met paneelverwarmers teen die mure en daar is ook 2 badkamers en 'n gastetoilet.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n deur wat na die agtertuin lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede badkamer het 'n stort en daar is 'n aparte gastetoilet.
Die agterplaas is omhein en is baie veilig vir honde en kinders. Daar is 'n lieflike braai onder die groot melkhoutboom waar mens kan sit soos 'n koning met die gedruis van die see in jou ore.
Op die boonste verdieping is 'n oopplan-kombuis en leefarea met lieflike see-uitsigte. Die kombuis is met 'n yskas, diepvrieskas, gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus en dit het ook 'n pragtige see-uitsig. Die leefarea het 'n lieflike kaggel, baie gemaklike rusbanke en 'n slim-TV. Daar is ook 'n kroegarea met 'n yskas. DStv en gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n pragtige houtdek met 'n 180-grade see-uitsig en 'n losstande braai asook 'n tafel met 10 stoele en 'n sambreel. Tydens die walvisseisoen kan gaste die walvisse sien.
Seebries is net 200 m van 'n lieflike kuspaadjie af waar gaste kan draf op stap tot by Onrus se swemstrand. As gaste terugkom kan hulle by Davies-poel stop vir 'n vroegoggend swemsessie en 'n heerlike koffie.
Seebries is net 7 km vanaf die Hemel-en-Aarde Wynroete en 10 km vanaf Hermanus se walviskykpunte, restaurante en winkels. Seebries is die ideale plek om jou skoene uit te skop en te ontspan!
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Gedeelde dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Coretha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Krintangsingel 16, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Seebries het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 14:00 - Adres: Krintangsingel 16, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang