Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Selah House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 1, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Selah House is net 90 minute se ry vanaf Kaapstad in Vermont geleë en bied selfsorgverblyf in 'n pragtige vakansiehuis wat gaste in staat stel om te ontspan en te ontsnap van die stad se gewoel. Die huis is minder as 300 m vanaf die lang wandelpad tussen Vermont, Onrus en Sandbaai.

Dié verblyf het 'n kapasiteit van 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer op die boonste verdieping is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ook bo en bevat 2 driekwartbeddens en het groot vensters met see-uitsigte in die verte. Onder is die derde slaapkamer wat 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort het. 'n Bad is beskikbaar in die derde badkamer.

Die hoofleefarea op die onderste verdieping het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei en breekware. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar.

Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix, Showmax, Disney+, Youtube en DStv Stream. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n ingeboude braai op die omheinde patio-area waar gaste soggens na die golwe kan sit en luister. Daar is ook 'n klein grasperk vir kinders om te baljaar asook gerieflike parkeerplekke langs en voor die huis asook agter die huis binne die erf.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 3

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Lynn P
Gesin met klein kinders
5.0
A beautiful home, close to the beach in a peaceful setting. We had a wonderful holiday. Selah House is a beautiful home, close to the b...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Adrian R
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige huis met alles wat jy nodig het. Ons het die kuier baie geniet. Die huis is binne stapafstand van die kuspaadjie en in 'n rustige omgewing. O...
Sien meer
Mrt 2023
JG Cogho C
4.8
Lekker wegbreek naweek! Ons het heerlik gebly. Skoon en netjies met alles wat nodig is. Dankie!
Feb 2024
Marlena V
4.8
Pragtige strandhuis. Pragtige strandhuis wat goed toegerus is. Binnebraai is 'n bonus en die feit dat ons hondekinders dit saam met ons kon geniet.
Aug 2023
Jonathan C
Saam met lewensmaat
4.4
Very pleasant. No hand towels and no dishwasher tablets.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jeanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Malgasstraat 1, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Selah House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 1, Vermont, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e08a9106be7588e1a2895f3e2c2149615e22b0f584cec9fa6747d7ebe6e2bd9fda8efcfd8969ecde7661b673f8a55ccbc2d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 1 Malgas Street Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.419794119978 19.150656553931

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang