Selkirk House
Kry 15% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Selkirkstraat 29, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 050R3 443 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Selkirk House is 'n helder, kontemporêre gastehuis geleë in 'n rustige plek hoog teen die Hermanusberg, met pragtige uitsigte oor Walkerbaai en die gholfbaan. Die dekor is onopgesmuk en modern met wit Amerikaanse blindings om dit koel te hou en privaatheid te verseker. Die heel nuutste tegnologie is gebruik om te verseker dat jou verblyf gemaklik en moeitevry is, terwyl eertydse gasvryheid jou gemaklik en tuis laat voel.
Al die luukse suites, elk met 'n privaat balkon of stoep, het 'n ekstra-lengte koninggrootte- of dubbelbed met fyn perkallinne en sagte hipoallergeniese duvets. Elke volledige kamer is toegerus met 'n yskassie, tee- en koffieskinkbord, platskerm TV, internasionale kragprop, mini kluis, haardroër, WiFi en iPod-stasie. Die gerieflike badkamers het 'n bad, dubbel-volume stort, 2 wasbakke, verhitte handdoekrelings, katoen japonne en Charlotte Rhys-badprodukte.
Die elegante, maar gerieflik gemeubileerde sitkamer op die onderste vloer loop uit op 'n Karoo-klip braai-area en 'n swembad met 'n sierfonteintjie. Aan die ander kant van die kamer lei skuifdeure tot 'n groot stoep met pragtige see-uitsig. Die boonste verdieping beskik oor 'n kroeg/sitkamer, en is toegerus met 'n 60" plasma-TV met al die DStv-kanale, daar is ook 'n stoep met see-uitsig en dit het ook toegang tot 'n dek op die dak vanwaar jy 360°-uitsigte van die berg en die see kan geniet.
Gaste kan gebruik maak van die rekenaar of internet in die biblioteek, of ontspan op die stoep met pragtige berg-uitsig. Hier hoor jy watervalle wat 'n gevoel van vrede en rus oordra. Die temperatuur-beheerde wynkelder is toegerus met die beste wyne van plaaslike landgoedere vir jou plesier.
Hermanus is een van die wêreld se top-landgebaseerde walviskyk-bestemmings. Die suidelike noordkaper-walvisse besoek hierdie kus in groot getalle tussen Julie en Desember. Daar is ook volop fynbos en voëllewe, en Hermanus het baie om die buitelug-entoesias te bied. 'n Oorvloed van pragtige wandelpaaie en piekniekplekke saam met ongerepte strande, waaronder die befaamde Blouvlagstrand, Grotto Beach, net 'n 5 min. rit vanaf Selkirk House is. Die middedorp met sy talle boetiekwinkels, boekwinkels, koffiewinkels, restaurante, markte, kunsgalerye, en museums is net 5 minute se ry weg.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Celia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Selkirkstraat 29, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Selkirk House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Selkirkstraat 29, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang