Serondela Lodge
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Prys sluit in
- Chalet
-
Tariewe sluit aandete en B&B in.
Aandete, bed en ontbyt en 'n 2 ure-bootvaart met aankoms en vertrek is ingesluit.
Die daaglikse lodge aktiwiteite is beskikbaar teen 'n ekstra koste. - Gesinschalet.
-
Tariewe sluit aandete en B&B in.
Aandete, bed en ontbyt en 'n 2 ure-bootvaart met aankoms en vertrek is ingesluit.
Die daaglikse lodge aktiwiteite is beskikbaar teen 'n ekstra koste.
Huisreëls
Kinders tussen die ouderdom van 0 en 3 jaar se verblyf is gratis.
Kinders tussen die ouderdom van 4 en 12 jaar betaal 50% van die deeltarief.
Aandete, bed en ontbyt en 'n 2 ure bootrit met aankoms en vertrek is ingesluit.
Die daaglikse lodge aktiwiteite is beskikbaar teen 'n ekstra koste.
Die lodge is met die pad sowat 17 km vanaf Kasane in Botswana en sowat 25 km met die boot. Die lodge is in Kabulabula-bewaring gebou en word seisoenaal 'n eiland.
Die Chobe en Zambezi se oorstromings kan baie hoog wees en die pad vanaf Ngoma na Serondela Lodge is oorstroom en die die meeste van die tyd gedurende die jaar nie toeganklik nie. Gaste sal by die Kasane se immigrasie-jetty opgetel word en met 'n boot na Serondela Lodge geneem word.
Die gratis bootrit vanaf Kasane is self 'n unieke ondervinding waar wild besigtig word. Vertrek tye is tussen 14:00 en 15:00 by die Kasane se immigrasie-jetty. Die tydperk van die rit verskil vanaf die optel en die aflaai. Met aankoms by die lodge sal die optel-bootrit 'n waarnemingsbootrit wees en kan tussen 2 en 3 ure neem. Met vertrek sal daar 'n direkte bootrit wees tot Kasane en sal slegs 1 uur duur. Indien gaste buite die vasgestelde tye moet afgehaal word, sal dit teen 'n ekstra koste wees.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 90%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 3 weke voor die inkloktyd | 75%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 10%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabuabula-wildbewaring, Serondela Lodge, Kabulabula, 0000, Zambezi
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang