Serradella Lodge
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Botrivierweg 86, Kleinmond, Kaapstad, 7195, Wes-Kaap
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Serradella Lodge spog met ononderbroke en uitgestrekte uitsigte op die berge en oor die gholfbaan. Dié dubbelverdiepinglodge bied selfsorgverblyf op 'n groot erf met 'n bergstroompie. Die rustigheid van die area skep die ideale milieu vir gaste wat op soek is na 'n vreedsame naweekwegbreek. Die lodge is perfek vir gholfspelers aangesien die gholfbaan en lodge met net 'n nou paadjie verbind word. Die klubhuis is net 'n kort entjie se stap ver en die Arabella-gholfbaan is ook nabygeleë wat spelers weer 'n nuwe ervaring bied.
Serradella Lodge bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet, asook 'n sitarea en eetarea op die boonste verdieping, en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea op die onderste verdieping.
Die eerste slaapkamer is bo en het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-stort, toilet en 'n wasbak. Die kuierarea bo het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV en 'n etenstafel vir 8 gaste met stoele. Glydeure lei na die balkon wat 'n buite-etenstafel het en pragtige uitsigte bied.
Die tweede slaapkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n en suite-stort met 'n toilet en dubbelwasbak. Die kombuis op die onderste verdieping is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die onderste sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Die kombuis en sitarea lei na 'n stoep met 'n tuinarea en 'n ingeboude braai. Die 2 enorme eikebome bied skaduparkeerplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Ronel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Botrivierweg 86, Kleinmond, Kaapstad, 7195, Wes-Kaap
- Gaste dink Serradella Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Botrivierweg 86, Kleinmond, Kaapstad, 7195, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang