Seven Gables
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10de laan 52, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Seven Gables bied gerieflike verblyf in die Walmer-tuinbuurt in Gqeberha (Port Elizabeth). Die kamer het 'n aparte ingang en is in 'n historiese huis wat met die eienaar gedeel word.
Dié gastekamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, handdoeke en toiletware. Die gastekamer het 'n ketel en 'n yskassie met tee, filterkoffie, melk en suiker. Daar is 'n privaat ingang wat na die parkagtige tuin en swembad lei.
Braaigeriewe is op versoek beskikbaar, asook 'n kinderkot. Daar is WiFi en Netflix en Showmax kan gereël word. Daar is'n TV met sekere DStv-kanale in die kamer. 'n Ontbytmandjie word op versoek voorsien indien gaste enige spesiale dieetvereistes het. Daar is 'n toegeruste werkswinkel op die perseel indien gaste werkswinkelgeriewe sou benodig.
Die ligging bied toegang tot die Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe bergfietsroetes in die Baakensvallei, Walmer Park winkelsentrum en 'n plaaslike Spar-supermark. Gqeberha (Port Elizabeth) het Uber en ander taxi-dienste indien gaste nie hulle eie vervoer het nie. Dié huis is 3 minute se ry vanaf die Walmer Gholfklub en is ook nie te ver vanaf die Ysterman-roete nie. Die strand is 15 minute se ry van die verblyf af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- 10de laan 52, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Walmer Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10de laan 52, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang