Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shangrila-Innibos Country Lodge

  • Kapasiteit: 66 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104/Ou Rustenburg-weg, Zandfontein, Hartbeespoortdam, 0280, Noordwes
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shangrila-Innibos Country Lodge word omring deur die majestueuse Magaliesberge en is oorkant wêreldbekende bewareas vir olifante en apies geleë.

Hartbeespoortdam is dié plek om te wees, of dit nou vir 'n Sondaguitstappie, 'n naweekwegbreek of 'n lang vakansie is. Terwyl jy in Hartbeespoortdam is, is Shangrila-Innibos die ideale plek om te bly. Dit is naby al die besienswaardighede en doendinge, en tog weg van die massas af.

Shangrila-Innibos Country Lodge is 'n privaat oord waar gaste kan kies uit 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies wat by hul spesifieke voorkeure en begroting pas. Die kampeerterreine is lekker in die koelte op die gras. Daar is privaat badkamers en braai-areas wat onderdak is. Neem asb. kennis dat gaste al hul eie kamptoerusting en karavane of tente moet saambring. Die houthuisies beskik oor en suite-badkamers, 'n beskutte, gemeenskaplike dek en braai-areas met boma's. Die grasdak-chalets beskik elk oor 'n oopplan-slaapkamer en -leefarea, rustieke en suite-badkamer, kombuisie en patio met braaigeriewe en 'n boma. Die romantiese Franse stalkamers is versier met 'n Franse tema en bied slaapplek vir 2 gaste. Die 2 gaste-suites het elk 'n en suite-badkamer en basiese braaigeriewe. Die wittebrood-eenheid met die grasdak het sy eie tuin en 'n patio met 'n ingeboude braai.

By Shangrila kan gaste ontspan langs die verfrissende swembad, terwyl die kinders in die parkie speel, of op die trampolien, swaaie en heerlike grasperke baljaar. Daar is ook pragtige bosroetes om te verken.

Besienswaardighede in die omgewing: Hartbeespoort Sweefspoor, Bill Harrop's Ballon Safari's, Ann van Dyk Cheetah Centre, The Elephant & Bushbabies Monkey Sanctuaries, Ukutula Game Lodge & Conference Centre, Van Gaalen Kaas Makerij en Lesedi Kutluurdorp.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 223 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.9
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Michiel B
Saam met vriende
5.0
Great affordable accommodation with friendly staff. Had an amazing stay, was such a lush location. We really enjoyed the pool area and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Precious M
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful. It was great, the staff and host are very friendly. They checked up on us and kept us in the loop. Unfortunately, we couldn't...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Melinde G
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Dit was vreeslik lekker. Ons het dit baie geniet. Oulike plek en sal beslis weer daar kuier. My moeder het met oppak tyd oor haar eie sak ...
Sien meer
Jun 2024
Stephen D
Saam met vriende
5.0
Lekker, ristig. Dit was baie lekker, die eenheid waarin ons was, was baie goed uitgelê en die mense was baie behulpsaam en vriendelik.
Jun 2024
Natasha D
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlike ervaring, plek en mense. Ons het heerlik gebly in ons huisie en die beeldskoon van die eiendom en omgewing geniet. Harry en die instandhoud...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Harry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 223

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • R104/Ou Rustenburg-weg, Zandfontein, Hartbeespoortdam, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Shangrila-Innibos Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 66 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104/Ou Rustenburg-weg, Zandfontein, Hartbeespoortdam, 0280, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGViMTRhMDY2LTgxNTgtNGQyMC1iYTZlLTAyZGZiY2ZkOWJhNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 223 5 1 4 R104 Old Rustenburg Road Zandfontein 0280 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.719254232344 27.808401941139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang