Shebeth Self-catering
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 15% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 2-lede.
Nie geldig vir verblyf vanaf: 07 Dec 2023 tot 05 Jan 2024 en 12 Dec 2024 to 10 Jan 2025.
Kry 10% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 1-lede.
Nie geldig vir verblyf vanaf: 07 Dec 2023 tot 05 Jan 2024 en 12 Dec 2024 to 10 Jan 2025.
Prys sluit in
-
Selfsorg
Linne en handdoeke word voorsien en die huis word op die inklokdatum en wanneer gaste vertrek skoongemaak vir 4 of minder gaste. Besprekings vir meer as 6 gaste ontvang 'n daaglikse skoonmaakdiens.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
'n Terugbetaalbare sleuteldeposito van R1000 moet saam met die balans voor aankoms betaal word.
Die stoof werk met gas en die oond moet met 'n "lighter" aangesteek word. Druk die gasknoppie in en steek die oond met 'n vlammetjie aan. Maak asb. seker jy vat vuurhoutjies of 'n aansteker saam aangesien hierdie items dikwels verlore raak en gaste dan sonder 'n oond gestrand is.
As die krag afgaan of daar is beurtkrag is daar 2 DV-bokse. Een is in die motorhuis en die ander in die spaarbadkamer. Sit al die skakelaars af en weer aan om die stelsel van voor af te laat loop. As dit steeds nie werk nie, is daar 2 bokse buite wat die huis van krag voorsien. Een is in die oprit en die ander is oorkant die pad. Sit hier ook die skakelaars aan en af en kyk of dit help.
Moet asb. nie die lugversorging deur die dag laat loop wanneer jy nie in die kamer is nie aangesien dit baie krag trek. Die waaiers wat aanstaan maak klaar die huis lekker koel.
Jy kan die Eskom-app aflaai om die beurtkragskedule te sien. Hou in gedagte dat die warm water gas gebruik en dat dit elektrisiteit benodig om aan te steek. Daar is 'n paar sonkragligte buite, 'n draagbare lig of 2 en herlaaibare gloeilampe in die bedlampies en hulle moet gelaai word terwyl die krag aan is.
Daar is vuurmaakhout by die huis teen R35 per sak beskikbaar. Jy kan dit vooraf bestel of die kontant direk vir Petrus gee.
Die waterverkoeler is beskikbaar en daar is ekstra bottels wat by die waterwinkel langs die bossentrum opgevul kan word.
Onthou om muskietsproei, houtskool, hout, vuuraanstekers, flitsligte en toiletpapier saam te bring.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mambastraat 1926, Marlothpark, 1763, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang