Silver Spoon Selfsorg
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Berdine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 54
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Fritz H - Jul 2024
Algehele gradering
Oulik vir oornag.
Anita D - Jul 2024
Algehele gradering
Uitsonderlike spoggerige silwerskoon verblyf.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Anita, baie dankie vir jou resensie. Ons waardeer jou moeite regtig baie. Dit was 'n voorreg om sulke oulike mense by ons te kon ontvang. Hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Groete.
Monty en Berdine.
Ester B - Jul 2024
Algehele gradering
Onverbeterlik!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Ester, baie dankie vir jou mooi resensie. Ons waardeer dit geweldig. Dit was 'n voorreg om sulke netjiese en aangename mense te ontvang.
Vriendelike groete.
Berdine
Rina S - Jul 2024
Algehele gradering
Lekker gebly.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Rina, julle is enige tyd weer baie welkom by ons. Ons hoop julle geniet julle wegbreek ten volle. Baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer dit opreg.
Groete.
Monty en Berdine
Louis S - Mei 2024
Algehele gradering
Sal weer daar bly.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie, Louis. Sterkte met die 'swatings' en ons hoop ons kan jou weer ontvang.
Oom Monty en Tannie Berdine
Friedell V - Mrt 2024
Algehele gradering
Heerlik gebly sal verseker aanbeveel.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Dankie vir die mooi resensie, Friedell. Dit was werklik aangenaam om jou te ontvang en te ontmoet. Ons hoop van harte ons sien jou weer.
Groete.
Monty en Berdine
Niel M - Mrt 2024
Algehele gradering
Uitstekend!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer Niel. Dit was waarlik 'n voorreg om jou te ontvang en sien uit daarna dat ons paaie vorentoe weer kruis.
Vriendelike groete.
Monty en Berdine
Thea P - Feb 2024
Algehele gradering
Vriendelik, huislik en gerieflik.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Thea. Julle is sulke vriendelike, hartlike mense en dit was 'n voorreg om julle in Eenheid 1 te kon ontvang. Sien uit daarna om julle weer in die toekoms te ontvang.
Berdine en Monty
Sharon S - Feb 2024
Algehele gradering
Stil, rustige omgewing. Blyplek het alles wat jy nodig het. Skoon en veilig.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, Sharon. Ons wil baie graag nog 'n lugversorger in die eenheid insit, maar die 'breaker' wat die munisipaliteit toelaat is nie groot genoeg om al die lugversorgers te hanteer nie.
Vriendelike groete.
Monty en Berdine
Lize V - Des 2023
Algehele gradering
Gerieflike pragtige oornag verblyf met genoeg spasie vir ons al 6.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Lize, baie dankie vir jou resensie. Ons is bly ons kon julle ontmoet en akkommodeer en wees verseker julle is altyd baie welkom by ons.
Monty en Berdine
Unine V - Okt 2023
Algehele gradering
Veilig, skoon, alles wat nodig is en meer. Vriendelike mense. Ons tweede keer en kom beslis weer.
Anna V - Okt 2023
Algehele gradering
Rustig en gerieflik.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Dankie vir die goeie resensie Annatjie. Ek vertrou jy en Salmon het Aardklop geniet en ons hoop om julle weer volgende jaar te sien. Groete. Monty en Berdine
Sonja F - Sep 2023
Algehele gradering
Silver Spoon het alles wat jy nodig het.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer dit as ons gaste die moeite doen om 'n resensie te stuur. Ons hoop julle kom weer hier by ons oorbly.
Baue groete.
Monty en Berdine
Miemie B - Sep 2023
Algehele gradering
Silver Spoon se naam doen hom gestand, als was Silver-skoon.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Miemie, baie dankie vir die mooi resensie. Dit was lekker om sulke spontane mense soos julle te ontvang en ons hoop ons sien julle gou weer
Groete
Monty en Berdine
Carol J - Mei 2023
Algehele gradering
Hartlike ontvangs en verblyf, genoeg van alles en veilige omgewing.
Stef V - Feb 2023
Algehele gradering
Fantasties!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Stef, ons is baie bly dat jy n goeie ervaring hier by ons gehad het. Dit was vir ons 'n voorreg om iemand daar uit ons grootword-wêreld te kon ontvang. Dankie vir die mooi resensie. Hoop ons paaie kruis weer. Groete. Monty en Berdine
Anodie K - Jan 2023
Algehele gradering
Als en nog meer.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Anodie, dit was 'n groot plesier om julle hier by ons te kon ontvang. Ons hoop om julle weer raak te loop in die toekoms. Baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer die moeite baie.
Baie groete.
Monty en Berdine
Anonieme gas - Sep 2023
Algehele gradering
Sanet S - Okt 2022
Algehele gradering
Was voorwaar fantasties!!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Sanet, baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer dit opreg en dit was heerlik om sulke aangename mense soos julle te ontmoet. Ons hoop ons sien julle weer iewers in die toekoms. Groete. Berdine en Monty
Unine V - Okt 2022
Algehele gradering
Perfek en rustig.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Unine, ons is baie bly ons kon paaie met sulke oulike mense soos jy en jou dogter kruis. Baie dankie vir die mooi resensie. Waardeer baie. Julle is baie welkom om weer by ons te kom oorbly en sien uit om julle weer te ontvang.
Alles van die beste vir julle.
Berdine en Monty
Danielle J - Okt 2022
Algehele gradering
Neat and tidy accommodation with everything you need. Silver Spoon Selfsorg is at the perfect location.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Danielle, dit was 'n plesier om julle te ontmoet en te ontvang. Ons is baie bly dat julle jul verblyf geniet het en julle is altyd welkom hier by ons. Baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer dit baie.
Groete
Berdine en Monty
Suria N - Sep 2022
Algehele gradering
Uitsonderlike gasvryheid.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Suria, dit was vir ons baie lekker om sulke aangename mense soos julle te ontmoet en is bly julle was gerlukkig hier.
Baie dankie vir die goeie en mooi resensie. Ons waardeer dit baie.
Julle is baie welkom om weer by ons te kom oorbly.
Groete
Monty en Berdine
Faith V - Apr 2022
Algehele gradering
Huis weg van die huis af!
Lees meerSilver Spoon Selfsorg se terugvoer
Hallo Faith
Dit was 'n baie groot plesier om sulke gawe, vriendelike en gemaklike gaste hier by ons te ontvang. Baie dankie ook vir die mooi resensie. Ons waardeer dit opreg.
Alles van die beste vir julle en ons hoop ons paaie kruis weer eendag.
Groete.
Berdine en Monty
Michelle K - Mrt 2022
Algehele gradering
Absoluut heerlik.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie Michelle. Dit was voorwaar aangenaam om julle te ontmoet en het lekker gesels. Ons hoop ons sien mekaar as ons daar in julle omgewing is.
Baie groete
Monty en Berdine
Phillip M - Mrt 2022
Algehele gradering
Vriendelik ontvang. Gaan die ekstra myl vir gaste.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Phillip. Ons hoop ons kan julle weer iewers in die toekoms ontvang.
Febe D - Jan 2022
Algehele gradering
Vriendelik, netjies en alles wat 'n mens nodig het.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Febe. Dit was 'n voorreg om jou te ontmoet en te ontvang. Jy is werklik 'n baie aangename persoon en ons sien uit om jou weer te ontvang.
Mario D - Feb 2022
Algehele gradering
Goeie ligging, uitstekende diens en waarde vir geld verblyf.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Hallo Mario
Baie dankie daarvoor, ons waardeer dit opreg. Dit was werklik heerlik om julle te ontmoet en te ontvang en julle is enige tyd weer welkom by ons.
Groete.
Berdine en Monty
Nicola B - Jan 2022
Algehele gradering
Silwerskoon en pragtig toegerus.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Nicola vir die mooi resensie. Ons waardeer jou moeite. Dit sal lekker wees om jou weer te ontvang. Baie groete.
Berdine
David. B - Mrt 2022
Algehele gradering
Pleasant, easy well organized.
Izette N - Nov 2021
Algehele gradering
Super gerieflik, skoon, netjies en veilig.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Izette vir jou mooi resensie. Dit was baie lekker om julle te ontmoet en ons hoop regtig ons sien julle weer in die toekoms.
Baie groete,
Berdine
Erika J - Mei 2021
Algehele gradering
As ons weer kom, is Silver Spoon ons eerste keuse
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Erica en Carl vir julle baie positiewe resensie. Ons waardeer dit geweldig baie. Dit was voorwaar 'n voorreg om julle te ontmoet en te ontvang. Ons hoop van harte ons sien julle weer vorentoe. Monty en Berdine
Andre L - Mrt 2021
Algehele gradering
Baie vriendelik en hulpvaardig.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Andre. Dit was 'n voorreg om julle te ontvang.
Jaco V - Mrt 2021
Algehele gradering
'n Baie skoon en netjiese verblyf met vriendelike, hulpvaardige eienaars.
Hester L - Nov 2020
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs, baie netjiese en ruim verblyf.
Lees meerSilver Spoon Selfsorg se terugvoer
Hester, baie dankie vir jou pragtige resensie. Ons is altyd vol waardering as ons gaste die moeite doen om vir ons te laat weet as hulle tevrede was met die diens en verblyf.
Ons sien uit daarna om julle weer in die toekoms te ontvang.
Berdine
Le Roux E - Mrt 2020
Algehele gradering
Uitstekend.
Anre V - Okt 2019
Algehele gradering
Baie lekker verblyf.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi resensie, Anre. Dit was regtig lekker om sulke oulike mense soos julle te ontvang.
Groete
Berdine en Monty
Ryno G - Okt 2019
Algehele gradering
Alles en meer as wat jy nodig het.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Hallo Ryno. Ons was werklik bly om julle weer te sien en dit was 'n groot plesier om julle hier te hê. Baie dankie vir die positiewe resensie. Ons waardeer dit baie.
Groete
Monty en Berdine
Marietjie B - Sep 2019
Algehele gradering
Dit was heerlik om hier te bly.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie, Marietjie. Dit was lekker om julle te ontvang en ons hoop ons sien julle weer.
Groete
Berdine
Ilse D - Sep 2019
Algehele gradering
Fantasties.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Dankie Ilse, dit was so lekker om julle te ontmoet en te ontvang. Julle is sulke gawe mense, hoop om julle weer te sien.
Goed gaan en groete
Ria W - Jun 2019
Algehele gradering
Onverbeterlik, 10 uit 10.
Lees meerSilver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoering, Ria. Ons waardeer dit regtig. Dis altyd heerlik om sulke aangename gaste soos julle te ontvang. 10 uit 10 vir julle ook! Baie lekker om te hoor dat jul verblyf gerieflik was. Kom gerus weer. Groete en alles van die beste vir julle met die innoverende projekte wat jul aanpak.
Berdine.
Marie M - Jun 2019
Algehele gradering
Heerlike, rustige, hartverblydende oornagverblyf!
Izette F - Mei 2019
Algehele gradering
Ruim, netjiese verblyf! Silver Spoon het aan alles gedink. Vriendelike ontvangs!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Izette. Ons sien uit daarna om julle weer te ontvang. Berdine
Blanche C - Feb 2019
Algehele gradering
Uitstekende plek.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie, Blanche. Jou kommentaar word waardeer, was lekker om julle te ontmoet.
Angelika C - Jan 2019
Algehele gradering
Dit was net eenvoudig great!
Lees meerSilver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Angelika. Ons sien baie daarna uit om jou en Deon weer te ontvang. Dit was werklik 'n plesier met julle hier.
Monty en Berdine.
Duncan D - Feb 2019
Algehele gradering
Fantastiese plek om te bly in Potchefstroom.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Duncan. Ons waardeer jou terugvoer. Jy is altyd weer welkom hier by ons.
Elmarie K - Jan 2019
Algehele gradering
Stille wegbreek van stad se geraas.
Lees meerSilver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Elmarie. Ons waardeer jou kommentaar en gaan definitief aandag gee aan jou voorstel wat die gordyne betref. Jy was 'n baie aangename gas. Hoop ons sien jou weer.
Berdine
Iselma R - Nov 2018
Algehele gradering
Pragtige, baie skoon plekkie!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie, Iselma. Dit was regtig baie aangenaam om julle te ontmoet. Kom kuier gerus weer.
Ryno G - Okt 2018
Algehele gradering
Vriendelikheid, rus en vrede is alles wat jy daar sal kry.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, Ryno. Jy was 'n model gas en is enige tyd weer welkom by ons.
Regina B - Okt 2018
Algehele gradering
Fantasties!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Regina, baie dankie vir die terugvoering. Volpunte vir julle as lieflike, aangename gaste. Dit was baie spesiaal om julle te ontmoet en dankie vir die lekker gesels. Ek wens daar was meer tyd. Ons hoop ons loop julle weer raak in die toekoms. Alles van die beste, Monty en Berdine.
Meliss G - Sep 2018
Algehele gradering
Baie oulik, baie netjies/ Sal definitief weer daar bly.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Yolandi. Julle is baie welkom.
Jeremy M - Sep 2018
Algehele gradering
Ongelooflike gasvrye gasheer en gasvrou. Monty en Berdine het ongelooflik baie moeite vir my gedoen.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Beste Judy,
Dit was so lekker om jou by ons te kon ontvang en niks was moeite nie. Ons verlang ook na jou.
Groete,
Berdine
Danie L - Sep 2018
Algehele gradering
Gasvry, vriendelik, goeie ligging.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Danie. So bly jy het jou tyd in Potch geniet. Dit was lekker om jou te ontmoet en sien uit daarna om jou weer te ontvang.
Groete,
Berdine Schoeman
Frans M - Sep 2018
Algehele gradering
Uitstekend, baie goed toegerus, baie netjies en skoon. Sal dit aan almal aanbeveel.
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie Ilse. Ons ontvang julle graag weer.
Thea V - Mrt 2018
Algehele gradering
Dit was heerlik. Pragtige omgewing!
Silver Spoon Selfsorg se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoering, Thea. Dit was heerlik om julle gesin te ontmoet en te ontvang. Julle is altyd welkom by ons. Groete, Monty en Berdine.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kolgans-straat 8, Potchefstroom, 22531, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang