Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Silver Spoon Selfsorg

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kolgans-straat 8, Potchefstroom, 22531, Noordwes
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Silver Spoon Selfsorg is in 'n stil woonbuurt, Mooivalleipark, in Potchefstroom geleë. Dit is naby die NWU, Fanie du Toit-sportterrein, die Senwes-krieketstadion, NWU-hokkievelde, Gimmies en verskeie Trou-venues. Dit is ook gerieflik naby die Mooirivier Junction en die Vyfhoek Winkelsentrums. Die woonbuurt het 'n straatkamerastelsel wat 24 uur-sekuriteit bied.

Die eenhede het 'n sonkragstelsel, noodligte en 'n kragopwekker wat beurtkrag uitskakel. Daar is ook onderdakparkeerplek met kameras en laserstraalsekuriteit.

Eenheid 1 is 'n ruim eenheid vir 4 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed met netjiese beddegoed, handdoeke, lugversorging, 'n plafonwaaier en elektriese komberse. Daar is ook 'n enkelbed en 'n slaapbank in die sitarea. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak met 'n groot toonbank, verwarmer vir die winterkoue en 'n aparte toilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, warm skinkbord, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware, eetgerei en kookware toegerus.

Die sitarea het 'n TV met die volle DStv-Explora-pakket, 'n DVD-speler en gratis WiFi. Oop en beskutte braaigeriewe is beskikbaar. Houtskool en vuuraanstekers is op versoek en teen 'n ekstra fooi beskikbaar.

Privaatheid is 'n prioriteit en buiten die privaat braai-area lei die kombuisdeur na 'n privaat rookarea agter die eenheid.

Eenheid 2 is op die eerste verdieping met 'n privaat ingang en 'n buitetrap. Dit het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens met beddegoed, handdoeke, elektriese komberse, 'n haardroër en toiletware, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n TV met die volle DStv-pakket, gratis WiFi en lugversorging. Die eenheid het 'n klein toonbankkombuis wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is. Daar is ook 'n onderdakbalkon met 'n tafel, stoele en 'n klein Weber-braai.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Fritz H
5.0
Oulik vir oornag. Die plek is netjies, goed toegerus vir 'n oornagreisiger en voel baie veilig.
Jul 2024
Anita D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitsonderlike spoggerige silwerskoon verblyf. Ons het geleef soos adelike konings by Silver Spoon. Die eenheid was toegerus met elke dingetjie wat 'n ...
Sien meer
Jul 2024
Ester B
Saam met lewensmaat
5.0
Onverbeterlik! Beste verblyf nóg in Potchefstroom! Fantasties ingerig, veral vir die winter. Werklik 'n juweel!
Jul 2024
Rina S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Silver Spoon is die mooiste plek. Ons het baie lekker geslaap, elektriese kombers was 'n groot bederf. Die verwarmer in die badkamer was...
Sien meer
Jul 2024
Louis S
5.0
Sal weer daar bly. Lekker gebly. Baie vriendelike mense.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Berdine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kolgans-straat 8, Potchefstroom, 22531, Noordwes
  • Gaste dink Silver Spoon Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Potchefstroom Noordwes
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kolgans-straat 8, Potchefstroom, 22531, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3I34z2sOP43wf27nJqJZnSpObjlroMtjnSN9eix8VHWmMUPNSj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 54 5 1 5 8 Kolgans Street Potchefstroom 22531 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.67967 27.10837

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang