Sionsberg Farmstay
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Sionsberg Farmstay, Eden-distrik, 26,6 km vanaf Riversdal, 6670, Wes-Kaap
- Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Sionsberg Farmstay bied selfsorgverblyf in 'n pragtige plaashuis wat in 1741 gebou is en is op 'n werkende skaapplaas 22 km vanaf Riversdal geleë. Dié plaas spesialiseer ook in makadamianeute en avokadopeerboorde.
Hierdie lieflike huis het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde en vierde slaapkamers het elk 'n enkelbed, en die vyfde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Hierdie 4 kamers maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, lugbraaier, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. Dié huis beskik oor 2 leefareas met gemaklike sitplek, 'n ingeboude braai, 'n eerlikheidskroeg en 'n tafeltennistafel. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die gemeubileerde voorstoep wat bestaan uit 'n 8 sitplek tafel en stoele aan die een kant en 'n kuier area aan die ander kant is die volle lengte van die huis met 'n pragtige uitsig oor die netjies versorgde tuin, eikebome en Langeberge.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Anita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Sionsberg Farmstay, Eden-distrik, 26,6 km vanaf Riversdal, 6670, Wes-Kaap
- Gaste dink Sionsberg Farmstay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Sionsberg Farmstay, Eden-distrik, 26,6 km vanaf Riversdal, 6670, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang