Sitari on Sea
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyfde Laan 9, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Vanaf R4 254 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sitari on Sea bied luukse selfsorgverblyf met 'n uitsig oor Kleinmond se Blouvlagstrand en op die omliggende berge. Die huis is net 'n minuut se stap vanaf die water en is naby die winkels geleë. Die huis se skoon lyne bied 'n rustige gevoel en maak dit ideaal vir 'n sorgvrye gesinswegbreek.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en toegang tot 'n privaat balkon met 'n uitsig oor die strand. Die tweede en derde slaapkamer op die onderste verdieping bied toegang tot 'n privaat stoep en het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet op die onderste verdieping. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus is en 'n eiland met stoele het. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n etenstafel met 6 stoele en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die huis is met 'n omsetter toegerus wat rugsteunkrag aan die ligte, TV en WiFi gedurende kragonderbrekings voorsien.
Die sitarea lei na 'n binnebraai-area met sitplek en stapeldeure wat toegang tot 'n swembad bied.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel.
Kleinmond is langs 'n UNESCO-biosfeerreservaat tussen Bettysbaai en Hermanus geleë en bied natuurroetes, 'n Blouvlagstrand en restaurante. Die dorp is ideaal vir diegene wat die Overberg wil verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Vyfde Laan 9, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyfde Laan 9, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang