Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skeiding Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Skeiding langs die N2, Heidelberg, 6665, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Skeiding Guest Farm is 'n graan-, skaap-, volstruis- en Nguniplaas halfpad tussen Kaapstad en Knysna, en naby die N2. Dit is die ideale oornagplek vir beide toeriste en gesinne.

Verblyf word in 'n verskeidenheid gastekamers en kothuise aangebied. Elke kamer en kothuis het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kothuise het eerlikheidskroegies en kaggels. Die kamers en kothuise is na plante, diere en voëls wat algemeen in die area te vinde is, vernoem. Die heelike plaasontbyt sluit 'n seisoenale vrugtebak, ten minste 'n dosyn tuisgemaakte smere en konfyte, varsgebakte brood, vetkoek, 'n kaasbord, ontbytgrane, jogurt, eiers en 'n keuse tussen volstruisvleis en spek in.

Geniet tuisgemaakte plattelandse kookkuns deur Anné-Lize en haar span bekwame en entoesiastiese assistente. Neels is die vleis-sjef voor die vuur, tensy plaaswerk hom besig hou. 'n Driegangmaaltyd word elke aand by die familietafel bedien. Gaste moet bestuur asseblief laat weet van enige dieetvoorkeure vir die beste fynproewerservaring, of 'n selfsorgwegbreek bespreek en rustig langs die vuur ontspan.

Die plaas het ’n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Gaste kan die volstruise voer en die werkende skaaphonde dophou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marlize H
Besigheidsreis
5.0
Heerlike verblyf, gerieflik en skoon met vriendelike personeel. Was absoluut heerlik in die mooiste omgewing met vriendelike personeel en heerlike kos...
Sien meer
Aug 2024
Deidre L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het in die Nguni-kamer gebly. Die uitsig en etes was fantasties. Pragtige plek, ons het net een aand oorgebly maar dit was absoluut die moeite wer...
Sien meer
Jul 2024
Theresa D
Gesin met tieners
5.0
Kan skeiding aanbeveel as 'n oornagplek. Heerlike verblyf by Skeiding Guest Farm. Vriendelike ontvangs, alles wat ons nodig gehad het, baie netjies en...
Sien meer
Jun 2024
Sophette G
Saam met lewensmaat
5.0
Oornag verblyf. Ons is hartlik ontvang met tee en beskuit op 'n koue reënerige middag. Die eenheid is ruim, skoon en baie goed toegerus. Voorts is die...
Sien meer
Apr 2024
Nicole P
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflik. Baie mooi en gerieflike eenheid. Vriendelike mense.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anné-Lize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Skeiding langs die N2, Heidelberg, 6665, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skeiding Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 31 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Skeiding langs die N2, Heidelberg, 6665, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI0ODVjZjUzLWQ3ZTktNDM3Ni1iZDg4LTRjOTZjZjgxMjBlOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 Skeiding off the N2 Heidelberg 6665 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.079029249723 20.806062966585

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang