Slakkepas 34
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R595 administrasiefooi per bespreking.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1500 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Wanneer gaste die kwotasie aanvaar, stem hulle in om 'n persoonlike inligtingsdokument saam met 'n afskrif van hul ID te voltooi en terug te stuur.
Maak asb. seker dat die korrekte aantal gaste op die besprekingsvorm aangedui word, aangesien dit die enigste persone sal wees wat die huis en sy geriewe mag gebruik.
Geen harde musiek, oormatige geraas of partytjies word toegelaat nie.
Geen dagbesoekers word toegelaat nie.
Indien gaste nie die reëls gehoorsaam nie, kan dit tot onmiddellike uitsetting sonder terugbetaling lei, insluitende die verbeur van die breekskadedeposito.
Die volgende kan die terugbetaling van die breekskadedeposito beïnvloed:
Die bestuur behou die reg voor om die breekskadedeposito vir skoonmaak-, herstel- of vervangingskoste te gebruik indien die eiendom vuil is, items ontbreek of beskadig is, of buitengewone skoonmaak van die eiendom, linne of meubels vereis word.
Was asb. en pak vuil skottelgoed weg voor vertrek. Vuil skottelgoed sal 'n ekstra fooi tot gevolg hê.
Rook is streng verbode in die huise. Indien enige tekens van rook opgespoor word, sal die deposito verbeur word.
Die breekskadedeposito sal binne 14 werksdae terugbetaal word, minus enige aftrekkings. Indien die deposito onvoldoende is, sal die besprekingspersoon persoonlik verantwoordelik gehou word om die ekstra kostes te dek.
Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke, vadoeke, hout, kos, toiletware, skoonmaakmiddels, ekstra toiletpapier en ekstra swartsakke saambring.
Maksimum 2 troeteldiere met goeie maniere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
Troeteldiere word nie op die beddens of meubels toegelaat nie. Gaste moet hul eie beddens, beddegoed en kosbakke saambring.
Troeteldiere mag nie 'n oorlas vir die bure wees nie en moet aan 'n leiband wees sodra gaste die erf verlaat.
Maak asb. troeteldiere se gemors skoon.
Let asb. dat die houtvuurwarmbad buite is. Dit is nie onder 'n dak nie en hout word nie voorsien nie.
Gaste moet self die warmbad vul en leegmaak.
Die eienaar van die eiendom en die eiendomsbestuurder aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige beserings, verlies, skade, diefstal of dood, aan enige persoon en/of, aan sy/haar eiendom of enige items wat in die huis vergeet of gelos is nie.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 3 maande voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 maande voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 maande voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang