Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Slakkepas 34

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 815 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Slakkepas 34 is 'n selfsorghuis in 'n veilige kompleks in Dwarskersbos, 'n rustige kusdorpie aan die Weskus. Dit is ideaal vir 'n gesin wat graag die Weskus wil verken en is ver van die gedruis van die stad.

Die grasdakhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n en suite-solderkamer. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Die solder het ook 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en wasmasjien toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n sessitplek-etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Gaste kan met hul eie besonderhede op die apps inteken om flieks en reekse te stroom. Op die boonste verdieping is daar 'n balkon met 'n sitarea en die onderdakstoep op die onderste verdieping het ingeboude braaigeriewe en 'n buite-sitarea. Daar is ook 'n KolKol-houtvuurwarmbad. 'n Motorafdak vir een voertuig is beskikbaar. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks.

Dwarskersbos is aan die pragtige Weskus geleë en bied toegang tot noemenswaardige besienswaardighede insluitend die Rocherpan Natuurreservaat, die Weskus Nasionale Park en ongerepte strande.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Liezle Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 104

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 815
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 815
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7c6cdc50cd4af300370d1c69c148b36d9a52c53cfa5b16656c0cf9a6e3055d01e87127def8e4087bb5507f5ef0d5c76824d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 815 per nag (plek vir 6) Main Road 34 Slakkepas 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.694820799892 18.233473896851

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang