Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sleep @ 161 Benade Drive

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Benade-rylaan 161, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R675 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sleep @ 161 Benade Drive is in Fichardtpark in Bloemfontein geleë en bestaan uit 3 eenhede.

Eenheid 1 is 'n oopplan-eenheid met 'n koninggrootte-bed, 1 enkelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. In die kombuis is daar 'n yskas, braaipan, breekware en 'n mikrogolfoond. Ander geriewe sluit lugversorging, DStv en WiFi in. Hierdie verblyf maak gebruik van sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Eenheid 2 is 'n oopplan-eenheid met 2 enkelbeddens met 'n en-suite-badkamer met 'n stort. Die enkelbeddens kan ook in 'n koninggrootte-bed omskep word, gaste moet vooraf laat weet wat hulle verkies. Geriewe sluit lugversorging, 'n yskassie, mikrgolfoond, TV met DStv-kanale en WiFi in. Hierdie verblyf maak gebruik van sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Eenheid 3 is 'n gesinseenheid met 'n oopplan-uitleg en het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n stort en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n yskas toegerus. Daar is ook lugversorging in die eenheid. Hierdie verblyf maak gebruik van sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Geen partytjies van enige aard word toegelaat nie so ook geen geraas of harde musiek nie.

Sleep @ 161 Benade Drive is naby die N1, verskeie restaurante en 1 km vanaf die Life Rosepark Hospitaal. Die Fleurdal Mall is net 3 km hiervandaan en die Universiteit van die Vrystaat en Grey College net 5 km ver. Die MediClinic, die Waterfront en Mimosa Mall is net 6 km vanaf Sleep @ 161 Benade Drive.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Hans P
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie ontvangs, diens en verblyf. Dankie Ina. Soos altyd goeie diens, ontvangs en verblyf. Baie dankie Ina.
Aug 2024
Tanya B
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker, ruimte in die kamer. Ons het baie lekker gebly. Die plek is so mooi, netjies en skoon. Vir seker ons gunsteling. Die mense is so vriendel...
Sien meer
Jul 2024
Alida K
5.0
Uitstekende verblyf! Skoon, ruim kamers in 'n rustige omgewing met alles wat jy nodig het. Vriendelike ontvangs en opvolg. Die lekkerste wat ek nog oo...
Sien meer
Jul 2024
Antoinette C
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, gerieflik en baie bekostigbaar. Dankie Tannie, die bed het heerlik geslaap met die elektriese kombers. Veral omdat dit so bitter koud was.
Jun 2024
Carl F
5.0
Excellent. Excellent - clean, neat, comfortable bed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Benade-rylaan 161, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Sleep @ 161 Benade Drive het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R675
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R675
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Benade-rylaan 161, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa6a3ae6fb699aa46ce905811778223d2ecb2440333cd200798ac540e2ad9fb59873b56b59bcb7da46448e6a17d5a5ab75d2e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R675 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 161 Benade Drive Fichardt Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -29.141355769677 26.183448046627

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang