Shalom
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stephanstraat 12, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Shalom is 'n ruim selfsorgeenheid wat op die eienaars se perseel in Lambertsbaai geleë is. Hierdie rustige vissersdorpie spog met pragtige, wit strande, golwende duine, 'n eiland waar voëls broei en 'n matige klimaat regdeur die jaar.
Dié oopplan-woonstel het slaapplek vir 2 gaste en 'n area met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. 'n Baba of kleuter kan geakkommodeer word indien ouers 'n kampbedjie saambring.
Die kombuisie is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, elektriese braaipan, ketel en die nodige breekware en messegoed toegerus.
Ander geriewe sluit 'n TV, DStv, gratis WiFi en plafonwaaier in. Die woonstel het 'n privaat ingang en veilige onderdakparkeerplek. Daar is ook 'n draagbare braai.
Aktiwiteite in omgewing sluit in sandplankry, vierwielmotorfietsry, swem, visvang en branderplankry in. Hierdie is 'n rustige area wat sowat 1 km vanaf die strand geleë is.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sophia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Stephanstraat 12, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Shalom het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stephanstraat 12, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap