Sneeukop Mountain Cottage
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lustigan-weg, Sneeukop Plaas, Paarl, 7646, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 750R1 575 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sneeukop Mountain Cottage is bo die wingerde op 'n werkende plaas in Paarl geleë en bied 'n 360 grade-uitsig op die berg en oor die fynbosomgewing. Die eienaar woon ook op die perseel, maar die verblyf het 'n aparte ingang wat privaatheid verseker.
Dié verblyf bied slaapplek aan 2 gaste en is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk, aangesien daar sonkrag en gas is. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, vierplaatgasstoof, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aangrensende sitarea het 'n gemaklike rusbank.
Die sitarea en slaapkamer se glasdeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai-area. Die stoep bied 'n uitsig op Paarlberg en Tafelberg in die verte.
Veilige parkeerplek is agter 'n elektriese heining en afstandbeheerde hek op die perseel beskikbaar. Die verblyf is ook naby verskeie winkelsentrums, wynplase en restaurante.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Sarine Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- Lustigan-weg, Sneeukop Plaas, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Sneeukop Mountain Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lustigan-weg, Sneeukop Plaas, Paarl, 7646, Wes-Kaap