Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sola Gracia Log Cabin on Vaal

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oorbietjiesstraat, Lindequesdrift, 1911, Noordwes
  • Vanaf R850 R567 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sola Gracia Log Cabin on Vaal is 'n lieflike houthuisie wat selfsorgverblyf op die oewer van die Vaalrivier in Lindequesdrif AH, Noordwes bied. Dit is ideaal vir diegene wat van die stad wil wegbreek om te rus en vis te vang.

Die eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n slaapkamer en 'n aparte badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, dakwaaier, en die badkamer het 'n stort en 'n aparte toilet.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, sowel as 'n etenstafel en stoele wat sentraal geleë is. Daar is 2 enkelbeddens in die leefarea vir 2 kinders. WiFi is beskikbaar. Die verblyf is onafhanklik van die plaaslike netwerk en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Die eiendom het ook 'n stoep wat 'n uitsig oor die rivier bied en 'n lieflike tuin. 'n Braai-area en swembad met oorgenoeg buitesitplek is op die rivieroewer buite die eenheid geleë. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2
Badkamer 1

Toilet
Badkamer 2

Stort

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Visvang

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jephat M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent place to chill. Excellent service, great dam view and perfect place to retreat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Ettienne B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en mooi. Baie lekker rustige plekkie om vrede vir jou siel te kry. Baie dankie Oom Kobus vir die lekker bly en vriendelike geselsie.
Okt 2023
Thinus P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en baie privaat. Ons het baie lekker gebly by die "Log Cabin". Heerlike rustige atmosfeer en ook baie veilig gevoel en privaatheid gehad. Sal v...
Sien meer
Aug 2023
Stefan B
Saam met vriende
5.0
Wonderlik, rustig en pragtig. Oom Kobus is regtig die sout van die aarde.
Aug 2023
Pine P
Saam met lewensmaat
5.0
Kobus en Ina is baie vriendelik, gasvry en behulpsaam en maak seker alles is in orde. Ons sal weer gaan kuier. Die bemarkingsfoto's doen gestand aan d...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Oorbietjiesstraat, Lindequesdrift, 1911, Noordwes
  • Gaste dink Sola Gracia Log Cabin on Vaal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R567
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R567
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oorbietjiesstraat, Lindequesdrift, 1911, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4bfcbb9d3970c49a6fd767ecadf6a7c61747fa9354ad7d494f4a7b51861a50625135a8f2d59308a64340d48ccb3976660710?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R567 per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 43 Oorbietjies Street Lindequesdrift 1911 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -26.758005780928 27.572122983008

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang