Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

South Sands Beach Villa Nr 1

Selfsorg

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Riku W
Lang verblyf Gesin met tieners
4.4
Jan 2024

Beste stoep met dreun van die see. Daar is baie min plekke wat alles in het en so 'n stoep het. Fantasties.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Baie dankie vir die terugvoer, Riku. Dit is vir ons baie belangrik om ons gaste gelukkig te hou en altyd te verbeter. Ons sal beslis aandag gee aan die aspekte wat jy nie 'n volle 5 gegee het nie. Ons hoop om julle weer te sien. Groete, Liz.

Francois D
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Mrt 2023

Alles was 100%, behalwe die 95 trappies se op- en afklim elke keer. Niemand vertel jou voordat jy bespreek en betaal dat daar 95 trappies is om af of op te klim met baie bagasie nie. Jy kan nie met minder gaan as jy voedsel, drank en koelhouers moet dra nie vir 'n week se kos nie. Ons is wel vertel, maar nadat ek reeds betaal het. My vrou sit met 'n knieprobleem en het baie gesukkel met die trappies. Dit is die grootste jammerte. Wat gebeur met mense wat afhanklik is van rolstoele? Die huisies is ook taamlik klostrifobies en te naby aan mekaar. Afgesien hiervan het ons baie lekker gebly.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Goeie dag Francois. In ons advertensie noem ons wel van trappe en dat die huis nie geskik is vir mense met gestremdhede nie. Die trappe was nog vir geen huurders 'n probleem nie maar ons is jammer dat dit vir julle ongerieglik was. Gelukkig maak die fantastiese uitsig en die feit dat mens baie naby aan die see is en geenhuise of mensgemaakte strukture voor jou het nie, op daarvoor! Vriendelike groete, South Sands eienaar.

Hannes M
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Des 2022

Nice location and sea view. Fully equipped for self-catering. Remember lots of stairs for off- and on-loading.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Awie P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2021

Baie netjies en teen strand. Puik toegerus. Baie vriendelik en regtig goed toegerus met alles wat jy nodig het. Mooi see-uitsig en teen die strand. Een van beste plekke so ver. Waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is baie bly julle het die tyd geniet en ons hoop ons sien julle weer. Groetnis, Liz.

Detken S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2018

Heerlike rus by die see. Die woonstel is baie goed toegerus wat almal 'n kans gee om te rus. Heerlike huisie by die see.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Baie dankie Detken vir goeie terugvoer. Ons hoop om julle gou weer te sien. Dis vir ons belangrik om ons gaste 100% gelukkig te hou. Kan u asb per e-pos voorstelle maak hoe en waar ons kan verbeter op netheid. Ons sal graag aandag wil gee daaraan. Groete, Liz

Francois L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2016

Soos my eie huis, maar net langs die see. Dit het vir ons soos ons eie plekkie gevoel. Als wat mens nodig het was daar en vroulief was baie ingenome met die hele uitleg. Lieflike ligging waar daar altyd 'n windjie trek. Dit moet wonderlik wees om oor die warmer maande hier te bly. Die huis is baie goed geleë en lekker op die strand. Die hoofslaapkamer wat op die dek uitloop het gesorg vir daardie lekker oopdeur slaap aande, en net na die branders te luister. Onderdakparkering bietjie beperk vir groot voertuie maar dit het ons glad nie afgesit nie. Die res het opgemaak vir als. Ons sal baie graag weer hier wil bly. Die kinders het dit baie geniet en die shad visvang was great. Sommer by die seewrak en Glenmore strand daar naby. Wat 'n veilige en netjiese plekkie. Dankie ook Liz, die eienares, wat heeltyd opgevolg het voor ons verblyf en met ons vertrek. Dit sommer weer soos diens gevoel uit die goeie ou dae uit. Dankie ook aan LekkeSlaap. Julle kan hierdie plekkie maar vyfster rate.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Baie dankie vir die goeie terugvoering, ons waardeer dit en ons hoop om julle weer by South Sands te verwelkom. Groetnis.

Vernon K
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2016

'n Rustige en baie netjiese, goed toegeruste woonplek op die strand. 'n Wonderlike wegbreek van al die gewoel. Naby genoeg aan alles wat mens nodig sou hê vir 'n vakansie maar steeds naby die natuur en rustigheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Baie dankie vir die goeie terugvoering. Ons hoop om julle weer te sien. Groete, Liz.

Daleen H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2016

'n Plekkie om onverstoord te rus naby die natuur. Die plekkie is 6 maande terug deur nuwe eienaars gekoop. Die nuwe eienaars is verskriklik vriendelik, gasvry en behulpsaam. Hulle is besig om die plekkie op te gradeer wat duidelik sigbaar is. Die plekkie het alles wat 'n mens nodig het. Dit is baie privaat, goed uitgelê en baie naby aan die see wat verskriklik gerieflik is. 'n Plekkie om onversteurd te rus met die gedruis van die see in die agtergrond.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Baie dankie, ons waardeer die goeie terugvoer. Johan en Liz Engelbrecht.

Janette L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Aug 2016

Much more than we expected, very well equipped. Fantastic views. We found the place to be well equipped especially in the kitchen. We had trouble with all the steps, but the very friendly staff hurried to help us both when we arrived and when we left. It was worth it to find ourselves so close to the beach. Just wished we had more time to spend there.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Liz
South Sands Beach Villa Nr 1
Thank you very much for the feedback. We are glad that you enjoyed your stay. Kind regards Liz

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Liz Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R1 100
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stoppel Place, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlZmI5MDVlLTVkOTEtNDA3NS05YWFiLWNhMDYwYzJiZWEyNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 8) 9 5 1 5 Stoppel Place Munster 4278 KwaZulu-Natal 021 201 8901 10:00-20:00 10:00 -31.008233793348 30.25884492643

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang