Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Spekboom Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lucasstraat, Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Spekboom Cottage is 'n selfsorgkothuis vir 4 gaste in Newton Park in Gqeberha (Port Elizabeth).

Die knus kothuis het 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer is vir privaatheid in die leefarea afgesper en het 'n stapelbed vir 2 kinders, of vir 'n volwassene en 'n kind. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet.

Die oopplan-kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en etes kan aan die etenstafel geniet word.

Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix en WiFi, en dit lei na die stoep met 'n uitsig oor die tuin. Onderdakparkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar. Die kothuis het 'n omsetter vir die WiFi en TV tydens beurtkrag.

Gaste moet asb. bedaagsaam teenoor hul bure wees. Daar moet verkieslik geen besoekers wees nie, veral nie laat nag nie.

Spekboom Cottage is 9 km van die strand af, waar gaste kan swem, visvang, seilplankry en duik. Gaste kan ook bergfietsry of die verskillende besienswaardighede in Gqeberha (Port Elizabeth) besoek, soos die Seaview Predator Park, Boardwalk Casino en -winkelsentrum, die Bayworld Museum en Splash Waterworld.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Tessa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 51

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Lucasstraat, Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Gaste dink Spekboom Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lucasstraat, Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA944c671519c9550ecf3c35106ef0bd9f08b69c1d3ed62bf6ff745ca4f04dcd92e9cf855c35e8edbae22d83acffe57bc30524?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 4) 11 5 1 5 Lucas Street Newton Park 6045 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.953613378156 25.568684165427

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang