Springbok House - Desert Wind Private Guest and Game Farm
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Desert Wind Farm, Ladismith-weg, Montagu, 7700, Wes-Kaap
- Vanaf R1 720 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Springbok House - Desert Wind Private Guest and Game Farm is op die Desert Wind Private Guest and Game Farm geleë in die Klein Karoo tussen majestueuse berge, boomlose vlaktes en skouspelagtige landskappe. Die area beskik oor oulike wynproduserende en vrugtegroeiende dorpies, toringkranse, helder, kraakvars riviere en sigsagpasse. Die unieke Desert Wind Private Guest and Game Farm is sowat 200 km vanaf Kaapstad en 48 km vanaf Montagu.
Die losstaande kothuis het slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, asook eetgerei en breekware. Buite het gaste toegang tot 'n onderdakstoep met meer buitesitplek asook 'n braai-area en 'n boma-area. Die kothuis spog met 'n houtvuur-bubbelbad wat oor die heuwels uitkyk.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Colette Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 20
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Desert Wind Farm, Ladismith-weg, Montagu, 7700, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Desert Wind Farm, Ladismith-weg, Montagu, 7700, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang