Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

St Tropez Beachfront

Selfsorg
Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woltemade-straat 2, 101 St Tropez, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

St Tropez Beachfront is 'n lieflike selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van Strand. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek, want dit spog nie net met pragtige see-uitsigte nie, maar dit is net oorkant die pad van die hoofswemstrand in Strand af.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n driestapelbed het. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Gehalte linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die stylvolle oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser beskikbaar. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea het groot vensters met pragtige see-uitsigte. Die kompleks bied 'n gemeenskaplike wasgoedgerief wat met munte werk, op die grondvloer, asook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jackie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 17

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Woltemade-straat 2, 101 St Tropez, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink St Tropez Beachfront het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woltemade-straat 2, 101 St Tropez, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcb25207b22565386a56a67bec0081e184a52b418ef8ce74738c01fba4158eb83f8dbdeb4b6647fb612bf4eacb07e804e49d6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 2 Woltemade Street 101 St Tropez 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.10497 18.81811

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang