Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Steenbokkie Nature Reserve

Wildsplaas
Weeksdagaanbod 20% af

Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokkie Natuurreservaat, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R885 R708 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Steenbokkie Nature Reserve is 'n werkende wild- en gasvryheidsplaas net 8 km vanaf Beaufort-Wes. Dit bied gerieflike verblyf aan 'n oornaggas asook 'n onvergeetlike ervaring vir 'n gesin of vakansieganger. Gaste kan uitsien na sterrekyk in die oop vlaktes van die Karoo, die Nuweveld Berge in die verte en 'n unieke plaas-ervaring.

Verblyf is in gastekamers en selfsorg-kothuise beskikbaar. Die gastekamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en toiletgeriewe, asook lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, elektriese komberse en tee- en koffiemaakgeriewe. Handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis en piekniek- en braai-area. By ontvangs kan gaste koeldrank, ys of tjops koop.

Elke kothuis het 'n kombuisie wat met 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolf toegerus is. Die en suite-badkamers het elk 'n stort en toiletgeriewe. Verder het die kamers lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, elektriese komberse en tee- en koffiemaakgeriewe. Handdoeke word voorsien.

Die Jaghuis is 'n aparte huis 1 km van die ontvangs af.

Gaste kan uitsien na voetslaan-roetes waar hulle wild soos kameelperde, sebras, wildebeeste, springbokke, duikers, tsetsebes, njalas en 'n verskeidenheid voƫls kan sien. Ander spesies wat gereeld saans op die gras van die kampeerterrein wei, is steenbokkies. Wild kan slegs te voet, fiets of met gaste eie vervoer besigtig word, slegs op afspraak.

Daar is 'n 5 km-langeroete indien gaste wil rustig loop of MTB-ritte wil doen. Daar is 'n 13 km lange roete vir motorfietse en 'n 23 km lange roete vir diegene wat meer ervare is. Gaste moet hul eie fietse saambring.

Daar is talle doendinge om die kleintjies te vermaak, soos 'n speelterrein, swembad en die plaasdiere voer. Die plaas is ook die tuiste van skape, eende, henne, varke, konyne, donkies en perde.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereƫl

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereĆ«l
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • VoĆ«lkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 498 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Hyla S
5.0
Rustige Karoo-ondervinding. Was mal oor die Karoo-ondervinding. Verskriklik warm en droog toe ek daar aankom en ysig koud toe ek die oggend ry. Kamer ...
Sien meer
Okt 2024
Chris S
Saam met lewensmaat
5.0
Natuurjuweel. Wat 'n pragplek - superskoon, gerieflik en gemaklik. Ons sal graag weer langer daar wil oorbly om die plaas en natuurskoon te kan geniet...
Sien meer
Sep 2024
Suzette E
Saam met vriende
5.0
Rus vir my siel - ek kom uit die Karoo. Ons verblyf was baie aangenaam. Sal graag weer kom en bietjie langer bly.
Sep 2024
Marina O
Saam met lewensmaat
5.0
N Rustige omgewing waar jy kan ontspan. Baie netjies. Die eienaars was baie gasvry.
Sep 2024
Manie C
Saam met vriende
5.0
Rustig, mooi omgewing. Goeie diens en bereidwillig om laat aankoms te akkommodeer.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Sunel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 498

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Steenbokkie Natuurreservaat, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokkie Nature Reserve het ā€™n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R885
R 885 R 708
per nag, vir 2 mense
Vanaf R885
R 885 R 708
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 45 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokkie Natuurreservaat, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ac7fc48502a8f72933e4084f75efe7fde10df1efe862acce95ecf8e40f724737adbdf33e6fdfe3ee00f8e0dc6e644bc3b53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R885 nouVanaf R708 per nag, vir 2 mense 498 5 1 5 Steenbokkie Nature Reserve Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.339795671298 22.657670974731

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ā€™n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang