Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Steenbokkie Nature Reserve

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokkie Natuurreservaat, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R885 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Steenbokkie Nature Reserve is 'n werkende wild- en gasvryheidsplaas net 8 km vanaf Beaufort-Wes. Dit bied gerieflike verblyf aan 'n oornaggas asook 'n onvergeetlike ervaring vir 'n gesin of vakansieganger. Gaste kan uitsien na sterrekyk in die oop vlaktes van die Karoo, die Nuweveld Berge in die verte en 'n unieke plaas-ervaring.

Verblyf is in gastekamers en selfsorg-kothuise beskikbaar. Die gastekamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en toiletgeriewe, asook lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, elektriese komberse en tee- en koffiemaakgeriewe. Handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis en piekniek- en braai-area. By ontvangs kan gaste koeldrank, ys of tjops koop.

Elke kothuis het 'n kombuisie wat met 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolf toegerus is. Die en suite-badkamers het elk 'n stort en toiletgeriewe. Verder het die kamers lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, elektriese komberse en tee- en koffiemaakgeriewe. Handdoeke word voorsien.

Die Jaghuis is 'n aparte huis 1 km van die ontvangs af.

Gaste kan uitsien na voetslaan-roetes waar hulle wild soos kameelperde, sebras, wildebeeste, springbokke, duikers, tsetsebes, njalas en 'n verskeidenheid voëls kan sien. Ander spesies wat gereeld saans op die gras van die kampeerterrein wei, is steenbokkies. Wild kan slegs te voet, fiets of met gaste eie vervoer besigtig word, slegs op afspraak.

Daar is 'n 5 km-langeroete indien gaste wil rustig loop of MTB-ritte wil doen. Daar is 'n 13 km lange roete vir motorfietse en 'n 23 km lange roete vir diegene wat meer ervare is. Gaste moet hul eie fietse saambring.

Daar is talle doendinge om die kleintjies te vermaak, soos 'n speelterrein, swembad en die plaasdiere voer. Die plaas is ook die tuiste van skape, eende, henne, varke, konyne, donkies en perde.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Wildritte
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 521 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Carli T
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik, gemaklik, veilig! Wonderlike verblyf, Sunel en haar span weerspieël die gasvryheid van die Karoo. Pragtige, stylvolle kamers. Aktiwiteite vir...
Sien meer
Jan 2025
Marianna V
5.0
Aangenaam. Ons het slegs oornag en het die plek heel aangenaam gevind vir die doel. Sterre was ongelooflik mooi en ons is uiters vriendelik ontvang. G...
Sien meer
Jan 2025
Lindsay V
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic. Absolutely fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Shannon B
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommended! Amazing, the hospitality, the room and the facilities are great. A little piece of heaven on our travels.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Brian T
Saam met lewensmaat
5.0
Na aan ons Hemelse Vader wat woorde nie kan beskryf nie. Net wat ons nodig gehad het en meer. Sterre en die hoogtepunt vir my vrou was om laataand bui...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Sunel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 521

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Steenbokkie Natuurreservaat, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokkie Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 885
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 885
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 45 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokkie Natuurreservaat, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ac7fc48502a8f72933e4084f75efe7fde10df1efe862acce95ecf8e40f724737adbdf33e6fdfe3ee00f8e0dc6e644bc3b53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R885 per nag, vir 2 mense 521 5 1 5 Steenbokkie Nature Reserve Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.339795671298 22.657670974731

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang