Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Huis Olive

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ormondestraat 220, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R795 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Huis Olive is in die boomryke woonbuurt Muckleneuk, Pretoria geleë en beskik oor 5 kamers en bied slaapplek aan 10 mense. Hierdie eenhede is sentraal en die beste geskik vir gaste wat privaatheid, stilte en rustigheid waardeer.

Studio Sérénité is 'n privaat tuin-eenheid by Huis Olive en bied oornagverblyf en is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die eenheid het 'n klein kombuishoekie wat toegerus is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, eetgerei en breekware. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n slim-TV met Netflix en WiFi in. Daar is 'n uitsig oor die tuin en 'n privaat sitarea.

Die Tranquillité privaat eenheid by House Olive beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 een 'n dubbelbed het en die ander 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort en toilet. Daar is 'n klein kombuisarea wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid bied ook 'n TV met Netflix en WiFi.

La Vie is 'n gastekamer met 'n ingang vanaf die tuin, beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is en deel 'n badkamer buite die eenheid met gaste van die est Bella-eenheid wat toegerus is met 'n stort en toilet. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe asook 'n yskas en mikrogolfoond. Gaste het toegang tot gratis WiFi en 'n TV met Netflix.

est Belle het sy eie ingang vanaf die tuin en is ingerig met 'n dubbelbed. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe asook 'n yskas en mikrogolfoond. Die eenheid bied ook 'n TV met Netflix en WiFi. Die stortkamer is net buite die kamer en word net gedeel as daar gaste in la Vie is.

Ander geriewe sluit veilige onderdakparkeerplek en 'n tuinsitarea in. Die verblyf het 'n elektriese heining en WiFi is oral op die perseel beskikbaar.

Life Groenkloof Hospitaal is net 1,3 km weg en Brooklyn Mall is 2,3 km weg. Huis Olive is net een blok van Affies Boys High en Loftus af. Muckleneuk en die omgewing bied verskeie hospitale, restaurante en besienswaardighede soos die Austin Roberts-voëlreservaat, die Loftus Versfeld-stadion, die Uniegebou, Kerkplein en The Long March to Freedom by die Groenkloof-natuurreservaat. Huis Olive is ook naby Tukkies, Jacaranda-kliniek en Suid-Afrikaanse Hospitaal.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Nicole V
Gesin met klein kinders
5.0
Everything we needed. Lovely stay, everything that we needed!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Gert H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties en baie aangenaam. Ja, ons het heerlik gebly en ons is baie hartlik verwelkom. Ons was 'n bietjie vroeg daar en is uitgenooi sonder skroom....
Sien meer
Jul 2024
Alta B
Gesin met klein kinders
5.0
My verwagtinge oortref. Super netjies. Mooi!
Jul 2024
Caroline S
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Was amazing. Die eienaars is baie vriendelik en accommodating. Sal vir seker weer daar bly!
Jul 2024
Ronel F
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en privaat. Baie lekker geslaap, baie rustig en voldoen aan al ons vereistes. Lekker naby Life Groenkloof Hospitaal. Violy is gasvry en aangena...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Violy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Ormondestraat 220, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Huis Olive het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R795
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R795
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ormondestraat 220, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22cf5c7bd5ab5716bfd6945d05aee021aa117360dc645237a099d90a17a1e53d60932b715187b05e8d2cc96f883033e7ef7a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R795 per nag (plek vir 2) 56 5 1 5 26 Ormonde Street Muckleneuk 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.762439871308 28.21834592404

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang