Huis Olive
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ormondestraat 220, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
- Vanaf R795 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Huis Olive is in die boomryke woonbuurt Muckleneuk, Pretoria. Verblyf word in 5 kamers gebied en bied slaapplek aan 10 gaste. Dit is sentraal en ideaal vir gaste wat van privaatheid, stilte en rustigheid hou.
Studio Sérénité is 'n privaat tuin-eenheid by Huis Olive en bied gerieflike oornagverblyf met 2 enkelbeddens en 'n en-suite stort en toilet. 'n Kombuishoekie is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware toegerus. Verder is daar lugversorging en 'n slim-TV met Netflix. WiFi word voorsien. Daar is 'n uitsig oor die tuin en 'n privaat sithoekie aan die agterkant.
Tranquillité is 'n privaat eenheid by Huis Olive met 2 kamers. Een kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort en toilet. Daar is 'n klein kombuis wat met 'n mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die eenheid het 'n TV met Netflix en WiFi.
La Vie is 'n gastekamer met 'n ingang vanaf die tuin. Daar is 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en gaste deel die buitebadkamer met 'n stort en toilet met est Bella se gaste. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, mikrogolf, gratis WiFi en 'n TV met Netflix.
est Belle is 'n gastekamer met 'n ingang vanaf die tuin. Daar is 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en gaste deel die buitebadkamer met 'n stort en toilet met La Vie se gaste. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, mikrogolf, gratis WiFi en 'n TV met Netflix.
Ander geriewe sluit veilige onderdakparkeerplek en 'n sitarea in die tuin in. Die verblyf het 'n elektriese heining en WiFi is oral op die perseel beskikbaar.
Life Groenkloof Hospitaal is net 1,2 km ver en Brooklyn Mall is 2,2 km ver. Huis Olive is net een blok vanaf Affies en Boys High. Muckleneuk en die omliggende area bied verskeie hospitale, restaurante en besienswaardighede soos die Austin Roberts-voëlreservaat, die Loftus Versfeld-stadion, die Uniegebou, Kerkplein en The Long March to Freedom by die Groenkloof Natuurreservaat. Huis Olive is ook digby Tukkies, Jacaranda Clinic en Zuid-Afrikaanse Hospitaal.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Violy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Ormondestraat 220, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
- Gaste dink Huis Olive het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Muckleneuk Pretoria SSB Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ormondestraat 220, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang