Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tarentaal Nes

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tarentaal 229, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Vanaf R1 300 R1 040 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Tarentaal Nes is 'n ruim vakansiehuis in die bekende Leeupoort Vakansiedorp en dis ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat wil wegbreek vir 'n naweek.

Die ruim huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kind en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en maak van die tweede badkamer met 'n stort gebruik.

Die hoofleefarea het lugversorging en 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis, eetarea en 'n leefarea met 'n stapelbed vir 1 volwassene en 1 kind sowel as 'n enkelbed met 'n uittrekbed vir 1 volwassenes. Die leefarea het 'n rottangsitkamerstel en 'n slim-TV met OpenView. Daar is stroomdienste vir gaste wat hul eie rekeninge het, en gaste moet hul eie mobiele WiFi saambring. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n etenstafel in die middel.

Die sitarea lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die skuifdeure maak op 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n boma met braaigeriewe oop. Gaste sal deur wild soos kameelperde, sebras en impalas gegroet word.

Gaste het toegang tot 'n privaat plonspoel op die perseel.

Die oord het 2 swembaddens en braaigeriewe waarvan gaste gebruik kan maak. Daar is voetslaan- en fietsryroetes vir aktiewe gaste.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 4 mense
1 xStapelbed
1 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Debbie B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Voel uitgerus. Heerlik gerus. Tarentaal Nes is gerieflik, goed toegerus, skoon en netjies. Stil en rustig met die diere wat tussen die huise ...
Sien meer
Jul 2024
Sarel H
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker waarde vir geld kuiertjie. Dit was beslis 'n baie lekker kuier gewees. Alles wat ons nodig gehad het, was beskikbaar. Die kuiers van die d...
Sien meer
Jun 2024
Henry J
Saam met vriende
5.0
Lekker gerus en gebraai. Fantastiese verblyf alles wat jy nodig het en meer. Stil area en baie diere.
Jun 2024
Sera V
Saam met lewensmaat
5.0
Die kuier was fantasties. Ook baie diere wat kom kuier het. Dit was 'n heerlike wegbreek. Die huis was pragtig skoon en baie netjies. Alles wat nodig ...
Sien meer
Feb 2024
Andre V
Saam met lewensmaat
5.0
Rus en vrede. Die beste plek om te ontspan met die diere wat kom hallo sê, sal dit aanbeveel om daar te bly.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Yolanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Tarentaal 229, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Tarentaal Nes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R1 300 R1 040
per nag, vir 8 mense
Vanaf R1 300
R1 300 R1 040
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tarentaal 229, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c102c23ca2f516ffed53133cef1e4df513582c7092120c1c87609a2f6ffe2b34e8c746405e3f92ae30418d0e0108f60653a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 040 per nag, vir 8 mense 24 5 1 5 229 Tarentaal Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.91299385402 27.645228143061

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang