Tchagra House
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R22, Kuleni Game Park, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Tchagra House is 'n pragtige selfsorghuis wat in Kuleni Game Park naby Hluhluwe in Noorde van KwaZulu-Natal geleë is. Dit is met 'n sonkrag-omsetter toegerus wat krag tydens kragonderbrekings voorsien.
Dié ruim huis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 individueel versierde slaapkamers wat kasruimte en plafonwaaiers het. Die kamers lei na 'n groot stoep. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Dit spog ook met 'n buitestort. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die groot oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n leefarea wat gemaklike rusbanke en lugversorging het.
Die stoep spog met 'n uitsig oor die weelderige tuin en het buitemeubels. Die tuin vloei in die bos in en wild dwaal daar rond. Gaste het toegang tot 'n swembad wat naby die huis is.
Hierdie verblyf is die perfekte plek om te ontspan en gaste kan gaan stap.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Keren Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 10
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- R22, Kuleni Game Park, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Tchagra House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R22, Kuleni Game Park, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal