Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tegwaan Country Getaway Camp

Kampeer/karavaan

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.0
Leon M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Baie lekker gewees. Baie lekker gebly. Die natuur geniet en diens en vriendelikheid van die gasheer was fantasties gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charl E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Gasvry, pragtige natuur, eco vriendelike benadering indrukwekkend. Onvergeetlik lekker in die Tegwaan Country Getaway gebly. Kampvuur tot laat in die nag, lekker staproetes en fietsry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Balthazar
Tegwaan Country Getaway Camp
Thanks, Charl! It was great having you come to visit Tegwaan!

Charles P
1 nag Saam met vriende
4.6
Okt 2023

Lekker rustige oornag. Net een aand oorgebly en vroeg die volgende oggend gery. Geen probleme nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Chris B
Kort verblyf Gesin met tieners
3.0
Mrt 2024

Dit is 'n rustige pragtige omgewing, maar die prys regverdig nie die geriewe nie. Ons het lekker gebly. Baie stil en rustig. Die eko-toilet is 'n romantiese idee, maar dit werk nie en dit is nie prakties nie. Die biologiese prosesse benodig om van die afval ontslae te raak is uiteraard nie vinnig genoeg nie en dit veroorsaak reuk, 'n reuk tussen tea tree olie en verrotende faekale substanse vermeng met urine. Daar was 'n muis in die kombuis-kabinet en ons moes heeltyd alles in die yskas wegsteek en die eetgerei steriliseer.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Lp K
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Sep 2023

Baie rustige plek, te veel loadshedding. Die shower se water is baie swak en die toilet (dry) met sawdust is nie vir my nie. Ook geen TV.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Zander J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2021

Was baie rustig, fantastiese staproetes en baie vriendelike personeel. Alles wat ek verwag het, was veras met hoe mooi die staproetes was, en hoe vriendelik die personeel was. Sal definitief weer soontoe gaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lindie D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Des 2021

Advertensie was misleidend. Ons het in die Tiny House gebly, wat pragtig is, hy is wel wat sy naam sê: very tiny, maar wat versuim is om te noem op die bespreking is dat die toilet nie net apart is nie, maar 'n goeie 30 meter weg van die huisie. Dit is ook nie 'n spoeltoilet nie. Dit was regtig onaangenaam en alhoewel ek respek het vir die feit dat die eienaar omgewingsvriendelik probeer gaan, was dit nie higiënies nie en regtig onplesierig. Hulle moes ook genoem het dat dit die opset is en 'n foto geplaas het. Ons is wel 'n dag vroeër huis toe hoofsaaklik as gevolg van die toiletgeriewe.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Willem F
Kort verblyf Gesin met tieners
3.2
Des 2019

Lekker rustige wegbreek. Rustige en ontspanning met stroompie vir atmosfeer, netjiese en skoon fasiliteite.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Balthazar Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 8

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Slaaihoek-weg, Plaas 344 Doornhoek Erfdeel 54, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjwU1cAyD2Xgpf3ma9CM56kq6BCap9yj0mYBsqobSmXOluPQkhF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 Slaaihoek Road Farm 344 Doornhoek Portion 54 1195 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.661538558554 30.345102689171

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang