Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Teri-Lemveli Lodge

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 21 Jan 2025 tot 27 Mrt 2025.

  • Kapasiteit: 57 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, 14 km suid van Beaufort-Wes, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 620 R1 458 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Teri-Lemveli Lodge is in die Karoo geleë, net van die N1-hoofweg af en 15 km suid van Beaufort-Wes. Die lodge bied 'n swembad buite, braaigeriewe en 'n speelplek vir kinders.

Akkommodasie beskik oor volledig ingerigte chalets naby die hoofgebou, elkeen met 2 enkelbeddens of dubbelbeddens, 'n uitvou-dubbelslaapbank, 2 enkelbeddens in die solder en privaat badkamers met of 'n bad en/of 'n stort. Daar is geriewe soos 'n slim-TV, gratis WiFi en lugversorging. DStv is ook beskikbaar. Elke selfsorg-chalet bied slaapplek vir tot 6 gaste.

Daar is ander soort kamers soos die smaakvol versierde Standaard Dubbelkamers en Gesinskamers. Dié kamers is privaat en afgesonder, onder die Stolsrivierdam en weg van die hoofgebou. Die dubbelkamers en gesinskamers is elkeen ingerig met 'n slim-TV, gratis WiFi, OpenView, lugversorging en kombuisie. Elke eenheid het 'n privaat badkamer met gratis toiletware en 'n haardroër. Daar is braaigeriewe.

Die lodge het 'n ontbyt-restaurant op die perseel met 'n uitsig en konferensiefasiliteite. Gaste kan ook die swembad buite geniet op 'n warm somersdag.

Daar is ander doendinge in die area, soos voëlkyk, voetslaan- en bergfietsroetes. Die Karoo Nasionale Park is net 8 km van die lodge af. Die eiendom het ook die beste waarde in Beaufort-Wes. Gaste kry meer vir hulle geld in vergelyking met ander eiendomme in die dorp.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 209 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Matilda S
5.0
Peaceful and relaxing. It was very peaceful and relaxing. The view from my room was beautiful. The staff made you feel welcome from the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Riaan D
Saam met lewensmaat
5.0
PuiK, tweede keer wat ons hier oorgeslaap het, en sal vir seker weer. Dit was weereens aangenaam om hier oor te bly!
Feb 2025
Cecil F
Gesin met tieners
5.0
Skoon, netjies en veilig. 'n Ware Karoo ervaring. Ons het baie lekker gebly en gekuier met baie mooi uitsigte van die natuur en wild. Ons aankoms ontv...
Sien meer
Jan 2025
Anche S
Saam met vriende
5.0
Heerlik, sal vir seker weer daar oorslaap. Baie lekker en rustig.
Jan 2025
Heinrich S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker verblyf, swembad was tops en die braai area by die Stables is 10/10. Ons het baie lekker gebly.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Melony Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 209

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • N1, 14 km suid van Beaufort-Wes, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Teri-Lemveli Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 620
R 1 620 R 1 458
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 620
R 1 620 R 1 458
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 57 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, 14 km suid van Beaufort-Wes, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5d3876c43f1474b187a427428d9f319db6fc1c395a61e9c110e848cd97783ad4c6feb799fb3921dee11f8544ad71a5052c24?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 620 nouVanaf R1 458 per nag, vir 2 mense 209 5 1 5 N1 14km South of Beaufort-West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.419828653831 22.464635074139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang