The Barefoot Cottage
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 21 Des 2024 tot 31 Jan 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ferroxstraat 32 A, Danabaai, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
The Barefoot Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in Danabaai, 'n kusdorp naby Mosselbaai. Die perseel word omring deur 'n bewarea wat met fynbos spog.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort en daar is ook 'n gastetoilet. Handdoeke en linne word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n toonbank met stoele, 'n sitkamerstel en 'n TV met Netflix en Amazon Prime. Daar is 'n onderdakstoep, 'n ingeboude braai en 'n privaat ingang.
Die nabygeleë Blouvlagstrande van Hartenbos, Santos en Diaz bied uitstekende swemplek en Danabaai-strand bied visvanggeleenthede, asook die kans om walvisse gedurende die walvisseisoen te sien en dolfyne te aanskou.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort
Ligging
- Ferroxstraat 32 A, Danabaai, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Danabaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ferroxstraat 32 A, Danabaai, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang