Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Beach Villa

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 26 Feb 2024 tot 10 Des 2024.

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harold Ashwell-boulevard, Melkbosstrand 43, 7441, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 490 R1 341 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Beach Villa is in Melkbosstrand en is op die strand met asemrowende uitsigte oor die oseaan, Tafelberg en Robbeneiland geleë. Die strandvilla bied die oordeelkundige reisiger al die luukshede, warm gasvryheid en persoonlike diens in 'n privaat omgewing.

Die villa bied 3 B&B-eenhede. Die dubbelkamer wat na die see front het 'n pragtige see-uitsig van die terras af, 'n hemelbed, TV, DVD-speler, kroegie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kluis, wasgoedgeriewe, WiFi, 'n wekker en direkte toegang tot die strand. Die superieure suite is 'n luukse suite met 'n pragtige uitsig en dis groter as die ander kamers. Dis op die boonste verdieping en het 'n privaat balkon. Die wittebrood-suite het 'n pragtige uitsig en is ook groter as die ander kamers. Dis op die boonste verdieping en het 'n balkon, 'n hemelbed, kaggel, stoombad en 'n privaat Jacuzzi met 'n uitsig oor die see.

Ontspan net, sonbaai of stap langs die strand na die nabygeleë restaurante vir verruklike seekos of tradisionele disse. Hier is 'n plek waar jy net jou skoene kan uitskop en toelaat dat die omringende natuurwonders van die strand, oseaan en asemrowende sonsondergange jou siel verkwik.

The Beach Villa is slegs 28 km vanaf die dorpskern via die hoofweg of pragtige kusweg, en al die besienswaardighede is maklik bereikbaar van hierdie romantiese en historiese kusdorp af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits
  • Italiaans
  • Portugees
  • Spaans
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 385 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Sherwin B
Saam met lewensmaat
5.0
Totally enjoyed our stay, friendliest helpful staff, awesome breakfast every day. Loved every minute of the 5 days, thumbs up to Thandi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Jeanetta R
Saam met lewensmaat
5.0
2de keer wat ons by Beach Villa bly en sal graag weer van dit gebruik maak. Baie lekker gebly. Lieflike uitsig oor die see en heerlike ontbyt! Naby al...
Sien meer
Okt 2024
Che C
Gesin met tieners
5.0
Had a fantastic stay. Enjoyed the stay, just the parking is a problem; had to have people get up to come and move their cars for us to ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Carlene C
Gesin met tieners
5.0
Pragtige ligging, baie lekker kos en baie vriendelike staf. Dit was 'n baie rustige tyd om net weer mens se battery te herlaai. Ons sal weer terug wee...
Sien meer
Sep 2024
Len J
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was perfek. Die kamer het die perfekte uitsig op die see gehad. Die diens was die beste.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Walter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 385

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Harold Ashwell-boulevard, Melkbosstrand 43, 7441, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 490
R1 490 R1 341
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 490
R1 490 R1 341
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harold Ashwell-boulevard, Melkbosstrand 43, 7441, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABDtM7P2bRia8mx0y3szTT6lC67ucQTzB9QJsZNnYbO0lmSys0S?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 490 nouVanaf R1 341 per nag (plek vir 2) 385 5 1 5 43 Harold Ashwell Boulevard, Melkbosstrand, 7441 Cape Town 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.715275 18.443933333333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang