The Hanging Garden Bushveld Eco-Retreat
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Jan 2025 tot 2 Feb 2025.
Prys sluit in
- Selfsorg.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Let asb. dat daar 'n 8 km-grondpad is wat na The Hanging Garden lei. Gaste word aanbeveel om voertuie met 'n hoë grondvryhoogte soos 'n bakkie, sportnutsvoertuig of 'n 4x4 te gebruik wanneer hulle op die Marico-paaie ry, maar sedanmotors sal ook teen 'n lae spoed op die paaie kan ry.
Die selfoonsein in Marico wissel van sleg tot goed, afhangend van die plaaslike netwerktorings. Gaste word aanbeveel om alle elektriese toestelle tydens hulle verblyf af te skakel en eerder die natuur te geniet.
Gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke, flitse, persoonlike toiletware, ekstra komberse indien nodig, verkykers en stap- en/of fietsrytoerusting saambring.
Die eko-chalet is vir selfsorg toegerus. Bring asb. eet- en drinkgoed saam, aangesien die plaaslike winkels in Groot Marico slegs basiese items in voorraad het.
Kamers wat nie gebruik word nie sal gesluit word.
'n Addisionele fooi word gehef indien die gebruik van meer geriewe/kamers en linne versoek word, asook meer gaste gehuisves word.
Die eko-chalet gebruik slegs sonkrag en gas. Die sonkrag is onderhewig aan die weerstoestande en verbruik. The Hanging Garden Bushveld Eco-Retreat ondersteun die Marico biosfeerreservaat-aansoek vir 'n Dark Sky Reserve en dit beteken dat krag beskikbaar sal wees tussen 08:00 en 22:00 en dat gaste aangemoedig word om alle elektriese toestelle na 22:00 af te skakel en die sterrenag te geniet. Die Bosch-yskas kan items koud hou vir 19 ure. Let asb. dat daar nie 'n vrieskas is nie. Geen bykomende toestelle soos waaiers, lugversorgers, vrieskaste, verwarmers en elektriese komberse word toegelaat nie. Hierdie tipe toestelle werk nie met die sonkragstelsel se energiebesparende spesifikasies nie. Indien daar te min krag is, is daar 'n kragopwekker.
LED-ligte word voorsien.
Ekstra hout en ys kan per sak by die bestuur aangekoop word. Geriewe sluit hand- en lyfseep, skottelgoedseep, skropborsels, lanterns, vuurhoutjies, 'n gratis stapel hout, en gratis ys, tee, koffie, suiker en melk in.
Ongelukkig word geen troeteldiere, vier- of tweewielmotorfietse, of harde musiek toegelaat nie. Dit is 'n privaat, rustige toevlugsoord.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Sterkstroomweg, Deel 77 van Koedoesfontein-plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang