Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Hill Estate

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ferdinand-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Hill Estate is 'n pragtige selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Plettenbergbaai. Hierdie woonstel is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek saam met vriende en familie aangesien dit binne maklike bereik van gewilde strande en die middedorp is.

Dié woonstel op die grondvloer bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers het ook en suite-badkamers met 'n stort.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV.

Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en die see-uitsigte te bewonder. Die ligging van hierdie kompleks is binne maklike bereik van baie winkels en restaurante in die middedorp sowel as die strand.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Nadine Geverifieer

Eiendomme 19

Resensies 3

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Ferdinand-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R5 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ferdinand-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA55f1fb5b29d96aa9727b92cfe512180dc5a7de71aecbf502d65e4e1d15f1aa59a307cc4ad6b6d04171f59b5f65ed071a6446?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 900 per nag (plek vir 6) Ferdinand Street Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.043811859145 23.363332646623

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang