Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Nantucket

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Derde Straat 234, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Nantucket is in Hermanus, die wêreld se walviskykhoofstad, net 90 minute se ry vanaf Kaapstad geleë. Hierdie puik bestemming bied uitsonderlike biodiversiteit en 'n groot verskeidenheid binnenshuise en buitelug-doendinge.

Ons het 7 slaapkamers met en suite-badkamers, see- of berg-uitsigte, satelliet-TV, gratis WiFi en party kamers het privaat stoepe. Daar is ook 'n swembad en 'n privaat biblioteek.

Van die kamers het privaat balkonne en besoekers aan Nantucket kan sit en kyk hoe die suidelike noorkapper (in seisoentyd) baljaar, of kreef eet by een van die toprestaurante in die omgewing. Teug aan 'n plaaslike wyn by een van ons 5 wynroete-bestemmings soos die Hermanus Wynroete in die Hemel-en-Aarde-vallei. Vang 'n bietjie son op die swembad-dek hier aan die voet van die berg, gooi 'n vleisie op die vuur as die son sak oor die Atlantiese Oseaan.

Doendinge in die omgewing: walviskyk (van 'n boot af), haaihokduik, stap in die botaniese tuin, voëlkyk, kulturele ervarings, wynproe, kaasproe en nog vele meer!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Desmond B
Saam met lewensmaat
5.0
Sal dit enige tyd vir iemand aanbeveel, uitsig was asemrowend en baie rustig! Verbly was baie lekker en eienaar was fantasties!
Aug 2024
Barbara R
Saam met lewensmaat
5.0
Onverbeterlike vriendelike diens. Renee is absoluut fantasties en menslik. Interessante huis met lieflike kamers en mense. Rustige en baie lieflike ho...
Sien meer
Apr 2023
Reinarda V
4.6
Mooi gedeelde uitsig. Kamer goed ingerig. 2 verdiepings trappe. Die slaapkamer was goed toegerus. Die koffie- maak area is buite die kamer, so neem 'n...
Sien meer
Nov 2023
Jacobus S
Gesin met tieners
4.2
Luuks maar huislik. Baie luukse verblyf, netjies, hulpvaardige, vriendelike ontvangs; Het die gebruik van die kombuis- en kuier-area waardeer, ook dat...
Sien meer
Jan 2024
Pieter V
Saam met lewensmaat
4.0
Kwaliteit met nadele. Daarvoor: Kon die see sien en hoor. Kwaliteit linne en handdoeke. Baie skoon en netjies. Daarteen: Baie trappe tot by kamer (kan...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Renee Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Derde Straat 234, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Nantucket het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Derde Straat 234, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd5d9d502063b354b4747d1abefe2ae1480f9ee1fd17382598ecdf4a080b41cb13867a6f9718345e28cafa3be69e8f9cf0974?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 234 Third Street Voelklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.407789909051 19.292923364418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang