The Nook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 208, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R10 900 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Nook bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike grasdakhuis wat stapafstand van Hermanus se middedorp af is. Die villa is op die seefront en is in 1928 gebou. Dit is ideaal vir familiekuiers. Die perseel spog met direkte toegang tot 'n eksklusiewe, semi-private getypoel wat slegs met 3 ander eiendomme gedeel word.
Die huis beskik oor 6 slaapkamers en het slaapplek vir 10 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kamer het ook 'n see-uitsig.
Die tweede en derde slaapkamers is in die westelike vleuel van die huis. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Albei slaapkamers bied 'n see-uitsig en het deure na 'n stoep wat na die see front. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
Die vierde, vyfde en sesde slaapkamers is in die huis se noordelike vleuel. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, en 'n aparte badkamer met 'n stort. Hierdie 2 slaapkamers het 'n uitsig oor die tuin en op die berg. Die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad.
Die huis het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea, asook 'n TV-sitarea en kroeg bo en 'n ruim onderdak-vermaakarea buite wat 'n see-uitsig bied. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en basiese skoonmaakgeriewe. Daar is 'n opwasarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Die huis het 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, 'n DVD-speler, 'n CD-speler, 'n radio, klavier, kaggel, boeke, speletjies en basiese toiletware. Buite is daar 'n itarea met 'n see-uitsig, 'n eetarea, braai-area en 'n groot tuin met 'n uitsig op die berge, asook gasteparkeerplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hoofstraat 208, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 208, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang