Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Ocean Villa

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retief-singel 308, Sandbaai-strand, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 455 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Ocean Villa bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n weelderige Mediterreense-styl strandfronthuis met pragtige uitsigte oor die oseaan en op die Overberge. Die huis is stapafstand vanaf Sandbaai en Onrus se strande, asook die kuspaadjies.

Die boonste verdieping het 'n oopplan-kombuis en -sitarea met ingeboude braaigeriewe. Die eetarea lei na 'n groot onderdakbalkon met 'n etenstafel. Die kombuis is met 'n yskas, oond, gasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en basiese skoonmaakmiddels toegerus. Die boonste verdieping bied uitsigte oor die oseaan en pragtige sonsondergange.

Daar is 2 hoofslaapkamers, 2 standaardkamers en 3 badkamers op die onderste verdieping. Die eerste hoofslaapkamer lei na die tuin en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde standaardkamers het elk 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n stort. Die vierde hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en lei na 'n privaat badkamer. Langsaan is 'n badkamer met 'n bad, toilet, wasbak en 'n stort.

Die kombuisie en waskamer is ook op die onderste verdieping. Die ruim TV-area lei na 'n stoep in die tuin met 'n etenstafel. Daar is 'n lieflike swembad met sonstoel wat deur fynbos omring word.

WiFi en sekere DStv-kanale, werkstasies, asook kaggels is beskikbaar. 'n Omsetter hou die huis se ligte, WiFi en 2 muurproppe tydens beurtkrag aan.

Parkeerplek is voor die motorhuis beskikbaar en die huis het 'n alarm en diefwering.

Die huis is 6 km vanaf Hermanus met winkels en restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 49

Resensies 27

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Piet Retief-singel 308, Sandbaai-strand, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Ocean Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 455
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 6 455
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retief-singel 308, Sandbaai-strand, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22ad3aafc2dd961f4f0aa603c5823560f2787a318833c8c336d97c8bb5d8b6b395f2215a5c7ba716da26904abc1ac1bcd6c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 455 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 308 Piet Retief Crescent Sandbaai Beach 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.421710687448 19.190007364418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang