Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The River House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aquavista-singel 3, Colchester, 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R8 000 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

The River House is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in Colchester, sowat 4,5 km vanaf Addo-olifantpark, en dit bied toegang tot die pragtige Sondagsrivier. Die hius is ideaal vir paartjies, groepe en gesinne.

Die huis met lugversorging bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed, waarvan 1 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort het. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die ander badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het oorgenoeg sitplek vir eet en ontspan en spog ook met 'n kaggel, slim-TV met DStv-kanale, stroomdienste en gratis WiFi.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai, sitplek en stapeldeure wat na die tuin en 'n dek met 'n uitsig oor die rivier lei. Daar is ook 'n swembad in die agtertuin. Gaste het direkte toegang tot die rivier en veilige parkeerplek op die perseel. Aktiwitweite naby sluit wildritte, sandplankry, kanovaart en bootry in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lisa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 110

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Aquavista-singel 3, Colchester, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink The River House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 000
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 8 000
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aquavista-singel 3, Colchester, 6001, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6bd2f7615805a5e0a489a9c7f01fec786984876cceded2bd5a227c49861c8c9062bb4b07bc8ceeacfa33ae1c1ef682ce8d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 000 per nag, vir 10 mense 2 5 1 5 3 Aquavista Crescent Colchester 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7073708 25.7969254

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang