Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Rock

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocklands-straat 47, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Rock is 'n rustige wegbreek- en rusplek versteek in die hartjie van Hermanus in 'n baie stil, rustige en veilige omgewing. Dit is 200 m se stap van die skilderagtige kus af met sy gewilde kranspaadjies en 1,5 km van die middedorp af. Almal wat hier kom kuier, slaap al hul sorge weg met die geklots van die branders teen die hoë rotse en kom maak hul leë bekertjies weer vol.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes. Twee klein kinders kan moontlik in die openbare sitarea geakkommodeer word. Die kombuis is toegerus met tee en koffie, 'n ketel, 'n groot yskas, gasplate, 'n 2-plaatstofie met 'n oondjie, 'n mikrogolfoond, broodrooster, strykyster en strykplank. Die badkamer het 'n groot instapstort en toilet met 'n gasgeiser wat altyd warm water voorsien. Beddegoed, badhanddoeke, vadoeke en skoonmaakprodukte word voorsien. Daar is ook 'n kaggel, waaier en 'n eethoekie. Aan die voorkant van die kothuis is 'n privaat braai-area en 'n wasgoedlyn aan die agterkant.

WiFi word voorsien en daar is veilige parkeerplek op die erf agter toesluithekke, 'n alarmstelsel en reaksie-eenheid. Die kothuis beskik oor amper volle sonkrag in die geval van beurtkrag. Die slim-TV sluit OVHD-kanale en YouTube in en gaste kan met hul eie Netflix, YouTube Premium of DStv aanmeld.

Doendinge in die omgewing sluit swem, staproetes, perdry, branderplankry, duik, walviskyk, visvang, kanovaart, duik in haaihokke, wynproe, voetslaan en nog baie meer in. SANSA (South African National Space Agency) is stapafstand van The Rock af.

Die staproetes begin 200 m van die kothuis af, en die omgewing is stil, rustig en veilig. Swemstrande kan binne 7 km van beide kante af gevind word, maar daar is 'n paar kleiner strande, rotspoele en rotsswembaddens naby.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 22 resensies vir The Rock
Netheid
4.5/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Anschen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Rocklands-straat 47, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Rock het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocklands-straat 47, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA774fbca6155003551672f96bc84e70255e97aa781bf29b133ec1f4643d0dbe24ef9e76e9ae784e1ec4593d0bf9c03aa5ea52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 47 Rocklands Street Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.427295 19.228334

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang