Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Rock

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocklands-straat 47, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Rock bied 'n rustige wegbreek- en rusplek in die hartjie van die kusdorpie Hermanus, die gastehuis is 20 m vanaf die kranspaadjies en 1,5 km vanaf die middedorp. Almal wat hier bly, slaap hul bekommernisse weg met die geluid van die branders wat op die hoë rotse klap. Dit is hier waar jy werklik kan herlaai.

Die kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes. Twee klein kinders kan moontlik in die openbare sitkamer geakkommodeer word. Die kombuis is toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n groot yskas, gasplate, 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, strykyster en 'n strykplank. Die badkamer het 'n groot instapstort en toilet met 'n gasgeiser wat altyd warm water verseker. Beddegoed, badhanddoeke, vadoeke en skoonmaakmiddels word voorsien. Daar is ook 'n kaggel, waaier en 'n eetarea. Aan die voorkant van die kothuis is 'n privaat braai-area en 'n wasgoeddraad aan die agterkant.

Gaste het toegang tot WiFi, veilige parkeerplek, 'n alarmstelsel en reaksie. Daar is sonkrag by die kothuis wat gebruik kan word in geval van beurtkrag. Die slim-TV het OVHD-kanale en gaste kan by hul eie DStv of Netflix aanmeld. YouTube is ook beskikbaar.

Doendinge in die area sluit swem, voetslaanroetes, perdry, branderplankry, skubaduik, walviskyk, visvang, kanovaart, haaihokduik, wynproe, voetslaan en nog baie meer in. SANSA (South African National Space Agency) is stapafstand vanaf The Rock.

Die staproetes begin 200 m van die kothuis af en die area is stil, rustig en veilig. Swemstrande kan binne 7 km na beide kante gevind word, maar daar is 'n paar kleiner strande, rotspoele en 'n rotswembad.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.2
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Anschen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Rocklands-straat 47, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Rock het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocklands-straat 47, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA774fbca6155003551672f96bc84e70255e97aa781bf29b133ec1f4643d0dbe24ef9e76e9ae784e1ec4593d0bf9c03aa5ea52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 47 Rocklands Street Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.427295 19.228334

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang