The Seed Pod Guesthouse
Beskrywing
Die slaapkamer bied slaapplek aan 2 volwassenes en het 'n koninggrootte-bed. Babas is teen geen ekstra koste welkom indien dit vooraf gereël word. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Geriewe in die kamer sluit tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier en 'n slim-TV in. Die kamer het ook 'n klerekas en 'n paar rakke vir ekstra pakplek. Die ingang na die kamer is op 'n gemeenskaplike stoep. Ontbyt is op versoek by Chef Dube beskikbaar. 'n Basiese Engelse ontbyt word teen 'n spesiale koste per persoon bedien. Ander maaltye is in die restaurant met eksklusiewe afslag vir gaste beskikbaar.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Slaapkamer & wassery
Vermaak
Prys sluit in
Rates displayed are on a room only basis.
Huisreëls
Rook is binnenshuis verbode.
Troeteldiere is met vooraf reëling welkom.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
The Seed Pod Guesthouse is 'n selfsorg-eenheid op 'n plaas wat inheemse plante verbou, tussen Modimolle en Vaalwater. Die huis is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na gerieflike oornagverblyf of om die Waterberge en sy omgewing te verken. Die plaas spog met pragtige tuine en voëllewe is in oorvloed. Die huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n stoep. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slaapbank vir 2 kinders en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Alhoewel daar geen lugversorging is nie, het elke kamer 'n waaier. Die kombuis is met 'n yskassie, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus en eetgerei, breekware, potte en panne word voorsien. Daar is ook 'n slim-TV en WiFi. Daar is veilige parkeerplek, 'n restaurant, The Seed Pod Pub, Grill & Pizzeria en 'n speelarea vir kinders op die perseel. Die huis is sowat 30,7 km vanaf Vaalwater en 31,2 km vanaf Modimolle waar gaste winkels en restaurante kan besoek. Vir basiese inkopievereistes is daar 'n OK supermark 7 km ver.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 2
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Rook is binnenshuis verbode.
Troeteldiere is met vooraf reëling welkom.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R33, Plaas Watervall, Erfdeel 22, Modimolle, 0157, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang