The Seed Pod Guesthouse
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R33, Plaas Watervall, Erfdeel 22, Modimolle, 0157, Limpopo
- Vanaf R540 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Seed Pod Guesthouse is 'n selfsorgeenheid op 'n plaas tussen Modimolle en Vaalwater wat inheemse plante verbou. Hierdie eenheid is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na gerieflike oornagverblyf of om die omgewing van die Waterberge te verken. Die plaas spog met pragtige tuine en voëls.
Dié eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en stoep. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slaapbank vir 2 kinders, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskassie, tweeplaatgasstoof, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster toegerus. Eetgerei, breekware, potte en panne word voorsien. Daar is 'n TV en WiFi is ook beskikbaar.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en daar is 'n restaurant en speelgrond op die perseel. Hierdie verblyf is 30,7 km vanaf Vaalwater en 31,2 km vanaf Modimolle waar gaste geriewe, soos winkels en restaurante kan geniet. Daar is 'n OK naby die verblyf.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Colleen Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 maande
Ligging
- R33, Plaas Watervall, Erfdeel 22, Modimolle, 0157, Limpopo
- Gaste dink The Seed Pod Guesthouse het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R33, Plaas Watervall, Erfdeel 22, Modimolle, 0157, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang