The Wood B&B
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St. Michaelslaan, Natures Valley, 6380, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Wood B&B is in die hartjie van die Tuinroete in Nature's Valley. Dit is aan die voorheuwels van die Grootrivier-pas net 30 km oos vanaf Plettenbergbaai. Digte woude, berge, kranse, ru kuslyne, strande, riviere, watervalle en strandmere is alles te sien in die area.
Die B&B het 'n dubbelkamer en 'n 2-enkelbedkamer en altwee het en suite-badkamers. Elke kamer het 'n privaat ingang van die ruim balkon af waar gaste heeldag kan ontspan. Ligte linne is 'n sterk kontras met die houtmure en die skoon, aardse afwerkings komplementeer die pragtige, rustige bestemming.
Daar is ook heelwat doendinge in die wonderskone omgewing soos voetslaanroetes, visvang, reksprong en branderplankry. Dis ook reg aan die einde van die gewilde Otter-staproete. Nature's Valley is 'n beeldskone bestemming en bied stylvolle akkommodasie in 'n houthuisie waar hulle familie al vir 36 jaar woon en die bakkery bestuur.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Dawn Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 50
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- St. Michaelslaan, Natures Valley, 6380, Wes-Kaap
- Gaste dink The Wood B&B het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St. Michaelslaan, Natures Valley, 6380, Wes-Kaap