Beste Beane,
Baie dankie vir die terugvoer.
Soos tereg genoem, het ons uit ons pad gegaan om dit vir julle so gerieflik moontlik te maak, veral met die onweer op die dag van jul aankoms. Ons het regtig net probeer goed doen deur vir julle 'n rondawel aan te bied eerder as om julle in die weer te los by die geriewe waarvoor daar bespreek was. Geen ekstra kostes is gehef vir die gebruik van die rondawel nie. Dis jammer dat julle nie hierdie gebaar positief ervaar het nie.
Die grasdakke in die rondawels word wel gespuit vir insekte as dit leeg is, maar omdat dit in die bos geleë is, kan stof, insekte en geitjies nie ten volle weggehou word nie. Om op te maak vir die ongerief met die spinnerakke, geitjiemis en dies meer, het ons 'n volledige skoonmaakdienste gebied.
Dis jammer dat julle nie die probleme rakende die watersisteem, toilet en krane onder ons aandag gebring het nie. Ons sou graag die geleentheid wou gehad het om hierdie probleme onmiddelik aan te spreek tydens jul verblyf.
Al is jul kommentaar rakende die rondawels sowel as die leë tentekamp telleurstellend, wil ons julle ook bedank vir die positiewe punte.
Groete,
Martina