Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

@TheZoo

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kilkenny-weg 83, Parkview, 2192, Gauteng
  • Vanaf R730 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

@TheZoo gastehuis is in die boomryke Parkview, Johannesburg en bied 'n rustige wegbreek. Dit is ideaal vir 'n stil wegbreek, enkel- of sakereisigers.

Dié gastehuis het 5 eenhede, waarvan 3 selfsorg en 2 gaste-suites is. Elke eenheid het 'n privaat badkamer. Verblyf in die gastesuites sluit 'n kontinentale ontbyt in, maar alle gaste kan ontbyt, middagetepakkette of aandetes geniet. 'n Volledige spyskaart word voorsien.

Ander geriewe in die kamer sluit onbeperkte WiFi, ekstra versnaperinge en wasgoedgeriewe in. Gaste sal nie deur krag- of wateronderbrekings geraak word nie aangesien die verblyf sonkrag het met 'n battery as 'n rugsteunkragstelsel, asook 'n waterfilterstelsel.

Daar is verskeie geriewe op die perseel en sluit 'n biblioteek, bordspeletjies en ou musiekplate in. Gaste kan 'n swembad en 'n welige tuin met voëllewe geniet.

@TheZoo is stapafstand vanaf Zoo Lake, Johannesburg Zoo, Parkview Gholfbaan en die militêre museum. Die bekende Parkview Village is minder as 1 km ver, waar gaste heerlike restaurante en winkels kan besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sarina E
5.0
Rustig en onverbeterlike verblyf en kontinentale ontbyt. Heerlike ligging. Groot en pragtige kamer met badkamer. Veilige parkering met elektriese omhe...
Sien meer
Des 2024
Jeanetta M
5.0
Sentrale verblyf in 'n tradisionele familie-woning met gedrukte metaal plafonne. Ons het vier nagte oorgebly en het al byna soos familie begin voel. D...
Sien meer
Nov 2024
Clarisa V
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlik gasvry en vriendelik. Ons het in die Yellow Giraffe gebly. Hulle het ons so mooi gehelp, dit is naby Wits Donald Gordon Hospitaal waar my ma...
Sien meer
Okt 2024
Janine L
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Ons het verblyf baie geniet. Baie vriendelike ontvangs gehad en ons ontbyt is vir ons 'n wegneempakkie verpak. Hoogs aanbeveel.
Sep 2024
Alda R
5.0
Lekker gebly, gaan beslis weer daar inboek. Pragtige plek met puik diens.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Charmaine Lee Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 2

Resensies 13

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Kilkenny-weg 83, Parkview, 2192, Gauteng
  • Gaste dink @TheZoo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 730
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 730
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kilkenny-weg 83, Parkview, 2192, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ad42a607e6a92eaa9751a468a5beeb6549deacd555cde2b98c532b96bed94896428d2e87f53ba2f986a0ca7569167a9c336?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R730 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 83 Kilkenny Road Parkview 2192 Gauteng 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -26.165132341186 28.028254761342

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang